fbpx
AANHOUER WEN – Hoop vir Desember

AANHOUER WEN – Hoop vir Desember

Hoop Vir Desember stel hul eerste enkelsnit AANHOUER WEN bekend. Dié EDM treffer kan beskryf word as ‘n upbeat, feel-good, somer-liedjie.

Hoop Vir Desember bestaan uit ‘n tweestuk EDM groep, Johan Fourie en Chris Williams.

Die musiekstyl van Hoop Vir Desember word deur die duo beskryf as upbeat, feel-good, somtyds donker, somtyds 80’s en somtyds komies.

Hoop Vir Desember stel hul eerste enkelsnit AANHOUER WEN bekend. Dié EDM treffer kan beskryf word as ‘n upbeat, feel-good, somer-liedjie.  Die liedjie word deur die duo beskryf as ‘n “in die oomblik” liedjie wat tydens ‘n skryfsessie net begin het met die melodie en vandaar ander idees geïnspireer het.

Hoop Vir Desember bestaan uit ‘n tweestuk EDM groep, Johan Fourie en Chris Williams. Terwyl die groep se naam ongewoon klink vertel hulle dat almal altyd Desember sien as die partytjie seisoen van die jaar, met Kersfees, skoolvakansie, nuwe jaar, einde-van-die-jaar partytjies en matriek vakansies.

Die pandemie het begin en baie mense is beroof van al die lekker dinge wat hulle oorspronklik die jaar sou kon doen. So, baie mense (ons ook) het begin hoop dat Desember gou moes kom sodat ons die feestyd en vakansie kon geniet.”

Die twee het mekaar in Potchefstroom ontmoet nadat Johan destyds Chris se band opgeneem het in sy kamer. Met die jare het hulle kontak verloor en met die dat al twee in die Kaap gevestig het, het hulle mekaar weer opgespoor.

Chris het die woorde en die melodie van AANHOUER WEN geskryf, terwyl Johan meeste van die komposisie en musiek behartig het. Die musiek was eerste neergelê en die gevoel van die musiek het na die woorde gelei.  Die musiekvideo wat as ‘n “vlog” verfilm is volg die twee vriende wat ‘n dag uitstappie geniet in die Kaap.

‘n Tipiese dag vir die twee begin met koffie, dan vang hulle op oor hul besigheid, Bold Media Group, werk, huis toe, eet, slaap, herhaal. Op Vrydae bederf hulle hulself met ‘n lekker drankie en miskien ‘n braai net omdat dit Vrydag is.

Pure passie is wat die twee laat op eindig het in die musiek industrie. “Die ervaring om musiek te maak, in groepe te speel, live shows en opnames het gemaak dat mens dit net verder en verder wil vat. As die gogga byt, los hy nie.

Die musiekstyl van Hoop Vir Desember word deur die duo beskryf as upbeat, feel-good, somtyds donker, somtyds 80’s en somtyds komies. Hul styl word baie beïnvloed deur hoe hulle voel en die omstandighede.

Chris noem dat Robert Miles se musiek ‘n groot inspirasie is, “Sy musiek was/is captivating en het nog nooit so iets gehoor nie.  Ek het baie belanggestel in die tipe klanke wat hy in sy musiek gebruik het.”

Hedendaags is dit Deadmau5 wat as inspirasie dien, “Hy boks homself nie in een spesifieke genre nie en hy struktureer sy liedjies en akkoorde soos niemand anders.” Vir Johan het Paul van Dyk se melodies en dinamika wat hy in sy liedjies gebruik sy aandag gevang. Verder is Martin Garrix ‘n groot inspirasie. “Nie net vir die feit dat hy ‘n uitstekende vervaardiger is nie, maar hy homself is ‘n briljante “brand” en ek admireer hoe hy en sy span sy brand bestuur.”

Hoop Vir Desember het soveel idees en projekte wat hulle beplan en hul siening is dat 2021 die perfekte jaar is vir dit.

Op die vraag oor wat hulle met hul musiek wil bereik, was die antwoord dat hulle hul eie stempel op die musiek industrie wil laat. As mens so luister na Hoop Vir Desember se eerste enkelsnit AANHOUER WEN, kan ons met sterk oortuiging sê dat hulle definitief oppad is na groot dinge wat ‘n stempel op die industrie gaan los.

AANHOUER WEN is beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter