Afrikaans Gaan Global sal op Saterdag 5 September grense verskuif deur verligting te skep onder die donker COVID-19-wolk – 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 25 van die land se grootste kunstenaars onder andere Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Christia Visser en vele meer.
Hierdie regstreekse konsert sal deur aanlyngehore regoor die wêreld geniet kan word en aanhangers in Australië, Nieu-Seeland, Europa, Engeland, Kanada, VSA en natuurlik almal van regoor Suid Afrika en Namibië gaan inskakel om in dié aanlyn mega-fees te deel.
“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nié deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ’n wonderlike inisiatief en ons as Suid-Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie, ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” het Kurt Darren, gesê.
“Die reaksie onder kunstenaars oor dié konsert is ongelooflik en dit wys net weereens hoe ons as Suid-Afrikaners ’n kopskuif kan maak en saamstaan. Vir die eerste keer ooit bied ons aan almal daar buite die kans om ekstra gelde te verdien en daarom het ons die #MYfonds konsep begin.
Met die #MYfonds registreer jy op die iTickets-weblad en ontvang ’n persoonlike skakel. Sodra jou persoonlike skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp- vriende gebruik word om ’n kaartjie te koop vir die Afrikaans Gaan Global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds beursie. Jou kans om jou #MYfonds beursie vol te maak is eindeloos,” het Albertus Potgieter, eienaar en besturende direkteur van iTickets, gesê.
’n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global raffel-kaartjies! Daar is massiewe pryse op die spel! Dié pryse sluit in:
- Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie – Mazda BT50 Dubbel Kajuit 2015-model.
- MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April 2021. Hierdie is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.
- Drie Weber Spirit gasbraaiers en vier Weber Premium charcoal braaiers mét bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000
- Braai geskenkpakke van Weber, Rooibaard sous en BitFarming.
Bespreek jou Afrikaans Gaan Global raffle-kaartjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies ,hoe groter is jou kanse om te wen!
Die geleentheid bestaan ook vir die publiek om ‘n huispartytjie – binne regulasies – aan te bied. In samewerking met Virtual Productions kan jy jou eie #HuisFees aanbied. Klank, groot TV-skerms asook beligting gaan beskikbaar wees om jou huis in ’n globale partytjie venue te omskep. Almal wat die #HuisFees bespreek staan dan die kans om die ongelooflike pakket gratis op die dag van die konsert te kry. Dié #HuisFees-pakket sluit vir R3 000 die volgende in:
’n Mini klankstelsel, ’n tegnikus, asook 60” TV vir jou huis of venue vir die Afrikaans Gaan Global-kuier en dit word deur Virtual Productions afgelewer en geïnstalleer.
Twaalf ure van vermaak – soos in die ou dae voor Covid-19. “Afrikaans Gaan Global het ń kunstenaars-fonds gestig vir die sangers en musikante wat die knyp ernstig voel onder die huidige omstandighede. Om ń bydrae tot die fonds te maak, druk asseblief op die donasie knoppie by die Afrikaans Gaan Global iTickets blad. Ek is seker die kunstenaars in nood sal dit baie waardeer!” voeg Kurt Darren by.
Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120 en beloof om heerlike vermaak te verskaf. NOU beskikbaar op https://itickets.co.za/events/448568
Indien jy as maatskappy as borg by hierdie eerste Afrikaans Gaan Global-produksie betrokke wil wees, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected] of skakel 086 1000 291.
In moeilike tye soos hierdie, waardeer ons al die ondersteuning net nog meer. Dit sal wonderlik wees as julle ‘n onderhoud / artikel hieroor kon doen asb, laat weet gerus indien julle iets van ons benodig of met van die kunstenaars wil gesels.
SOSIALE MEDIA