Anna Wolf wen gesogte toekenning tydens 2019 Unsigned Only Music Competition

The Unsigned Only musiek kompetisie het onlangs die wenners vir 2019 bekendgemaak.

ʼn Somtotaal van $150 000 se kontantpryse word toegeken aan 38 wenners, insluitend die “Grand Prize” asook die wenner en naaswenner in elke kategorie.

Sedert die kompetisie se ontstaan in 2012 is daar reeds vyf “Grand Prize” toekennings gemaak waarvan alle kunstenaars platekontrakte ontvang het by groot platemaatskappye.

Vir die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis het ʼn Suid-Afrikaner weggestap met die “Grand Prize” toekenning.  Die sangeres Anna Wolf het die toekenning verower met haar lied BELIEVER. 

Bykans 6000 inskrywings is ontvang vir die kompetisie wat afkomstig is vanuit meer ass 100 lande.

Wolf se musiek is aangrypend en skaars van sy soort.  Haar musiek is hipnoties en haar stem is strelend.  Hierdie eienskappe tesame met haar musiekskryftalent maak haar verseker een van die bestes in die bedryf.

Anna Wolf se wenliedjie, BELIEVER, is ʼn kragtige musiekstuk wat die stiltes van gesinsgeweld breek.  Met die lied oortuig sy haarself dat sy nie ʼn slagoffer van haar omstandighede sal word nie.

“I feel such gratitude for this honour,” said Anna Wolf. “The message of ‘Believer” is burnt into every fibre of my being: to let go of expectations, to face my own vulnerabilities and to always keep faith that tomorrow will be the day I get to share my music with the world.”

Anna is gebore in Pretoria en het voorheen bekendgestaan as Anna Tailor.  Sy spog met ʼn loopbaan wat top treffers, uitverkoopte vertonings, SAMA-nominasies en ʼn magdom van aanhangers insluit.

In 2018 het sy verhuis na London – dit is ook hier waar sy een aand met haar kitaar in die bad gesit het en begin skryf het aan die lied BELIEVER.  Met haar slimfoon het sy ʼn vinnige opname gemaak terwyl sy met haar voete ritme gehou het teen die bad se rand.

Sy het die demo van die lied gestuur na musiekvervaardiger, Pete Boxta (wat gewerk het saam met Missy Elliot, Jessie J en Sugababes).

Die lied is deur Apple Music geplaas op vier speellyste wat insluit: Best of the Week, Future Hits, Jump Start en The A-list Alternative.  Die musiekvideo het ook ʼn wêreldwye bekendstelling op hul platform geniet.

Anna het ook in 2019 die opvolgsnit SILENCE vrygetstel wat sy opdra aan haar aanhangers.

  “Anna Wolf is such a phenomenal artist,” so sê UO stigterslede, Candace Avery en Jim Morgan. “She has so much passion and authenticity, and she needs to be heard. She is an artist who is not afraid to tackle difficult issues and make you feel emotion, and she is one of the most magnetic and inspiring artists we have ever come across.” 

Buiten vir die $ 20 000 kontantprys en $ 40 000 se dienste en geskenke sal Wolf ook een-tot-een opleiding ontvang van wêreldklas musiekkenners.  Hierdie lys sluit in:

  • Nick Haussling (Senior VP of A&R, Warner Records);
  • Liz Cohen (A&R, RCA Records);
  • Kim Stephens (President, Forward Entertainment / A&R, Lava Records);
  • David Silbaugh (Talent Buyer, Summerfest);
  • Brinson Strickland (President, Collective Artist Management);
  • Kristyn Ciani (Talent Buyer, C3 Presents)
  • Pete Ganbarg (President of A&R, Atlantic Records);  

Beoordelaars vir die kompetisie het bestaan uit:

  • Aimee Mann;
  • Garth Hudson (The Band);
  • Taj Mahal;
  • Sanctus Real;
  • Bow Wow;
  • Robert Smith (The Cure);
  • The Secret Sisters;
  • Boney James;
  • Gareth Emery;
  • O.A.R.;
  • Janiva Magness;
  • Fred Hersch;
  • Francesca Battistelli;
  • Frank Foster;
  • Aaron Shust;
  • Toots Hibbert (Toots and the Maytals);
  • Ruthie Foster;
  • Tinariwen;
  • Craig Campbell;
  • JD McPherson;
  • Carter Burwell;
  • Zbigniew Preisner;
  • Russ Landau;
  • Josh Jackson (Co-Founder and Editor-In-Chief, Paste Magazine);
  • Anthony DeCurtis (Contributing Editor, Rolling Stone);
  • Mac Randall (Editor, JazzTimes);
  • Marcos Juarez (Head of Latin Music, Pandora);
  • David Sikorski (Senior Editor, EARMILK Media INC.);
  • Lyndsey Parker (Managing Editor, Yahoo Music);
  • Kevin McNeese (President, NewReleaseToday);
  • Art Tipaldi (Editor, Blues Music Magazine);
  • Nigel J. Farmer (Editor-In-Chief, Jazz In Europe);
  • John Dibiase (President, Jesus Freak Hideout);
  • David Silbaugh (Talent Buyer, Summerfest);
  • Angel Romero (Founder / Sr. Editor, World Music Central);
  • Brandon Chitwood (Assistant Director, EDM Joy);
  • Enrique Santos (Chairman / Chief Creative Officer, iHeart Latino);
  • Chad Jensen (Artist Manager, Jensen Artist Management);
  • Brinson Strickland (President, Collective Music Nashville);
  • Deborah Klein (JV Partner and Artist Manager, 
  • Primary Wave Entertainment);
  • Kristyn Ciani (Talent Buyer, C3 Presents / Lollapalooza, Austin City Limits, Shaky Knees);
  • Evan Stein (Owner, Experience Music Group); 
  • James Kempner (Owner, JMK Connections); 
  • Jennifer Taunton (Music Supervisor, Level Two Music); 
  • Jessica Cole (Founder / President, Lyric House);
  • Sheryl Louis (Artist Manager, CSM Management).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *