fbpx
Armand Joubert – I GOT YOU

Armand Joubert – I GOT YOU

Armand Joubert is terug met sy nuwe enkelsnit, I GOT YOU, ‘n lied wat eg is aan Armand se styl en hierdie keer is dit omtrent ‘n oorwurm.

Wanneer Armand Joubert nuwe musiek vrystel kan jy weet dat dit beide ‘n kragtige boodskap, sowel as ‘n raakvatwysie gaan hê.

I GOT YOU is geskryf deur Jethro Tait en vervaardig deur Pala Chrome. Die lied vervleg die temas van chaos en angs met die verligting wat ‘n spesiale persoon kan bied en kry dit reg om jou sommer met die tweede koor saam te laat sing.

Die lied se meer kommersiële aanslag ondersteun Armand se unieke musiekstyl. Persone wat reeds aanklank by sy musiek gevind het, sal hierdie lied geniet. Die lied sal ook goed val op nuwe aanhangers se ore.

Vroeër vanjaar het hy sy weergawe van Madonna se RAY OF LIGHT vrygestel. Die lied het weer bewys dat Armand veelsydig is as kunstenaar.

Armand Joubert wat bekendheid verwerf het op die TV-program, THE VOICE, is geen vreemdeling wanneer dit kom by die vermaaklikheidswêreld nie. Hy het reeds ‘n hele paar enkelsnitte vrygestel wat op groot kommersiële radiostasies se trefferparades gepronk het.

Die lied is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, TikTok

LEES MEER

BETTER FOR ME – Armand Joubert ft. Sloani

UNFOLD, Armand Joubert sing oor sy emosionele groei

Nic Billington en Armand Joubert stel onverwagse enkelsnit vry.

Armand Joubert (AJ) verras met nuwe enkelsnit ‘Burning Fire’

AriSquad, luister – AJ se album is amper hier!

AJ – ’n Kunstenaar gebore vir die internasionale mark