fbpx
Dirk van der Westhuizen ‘stoom’ al die pad voort!

Dirk van der Westhuizen ‘stoom’ al die pad voort!

Dirk van der Westhuizen – Stoom

Die Ghoema-benoemde, Dirk van der Westhuizen, stoom al die pad voort met sy splinternuwe album, Stoom, wat op 8 Junie eksklusief tydens vanjaar se Afrisaam Fees op Springs vrygestel word.

En ja, bieg dié sexy sanger – “dis ’n tipiese Dirk van der Westhuizen-album met ’n kombinasie van lekker hardcore EDM dansmusiek en kontemporêre dansmusiek en selfs een of twee mid-tempo ballades. Dis ’n elektroniese-pop-dans-album met hope energie en baie ‘happy’ en inspirerende songs.”

“Ek as kunstenaar hou daarvan om my limiet so ’n bietjie te druk. Om kanse te vat en anders te wees en sommer prêt ook in die proses te hê. Die titelsnit en die musiekvideo daarvan sal ’n goeie aanduiding wees van wat verder van die album verwag kan word,” gesels Dirk oor die album wat ’n skryfpoging tussen hom, Ferdinand Skead en Johan Oberholzer was.

Dirk is van mening dat diegene wat na sy album luister moet vergeet van hul probleme en verduidelik: “Ek kry baie boodskappe van fans wat sê na ’n rowwe en stressvolle dag klim hulle in die kar en hulle luister my musiek en dit laat hulle goed voel en hulle sing al die pad huistoe saam. So vir my is dit belangrik dat mense ’n feel good gevoel moet kry as hulle die musiek luister.”

’n Musiekvideo vir die titelsnit, Stoom, is ook opgeneem en nog ander musiekvideos sal ook vir hierdie album vrygestel word. “Ek gaan vier dans-musiekvideos vir die album saam met die Tailormade Group dansers uitbring,” verklap Dirk.

Oor Stoom se musiekvideo kan Dirk nie uitgepraat raak nie en volgens hom gaan dié een next level wees. “Ek maak gebruik van die Tailormade Group se dansers wat meer intense danse doen.

Tydens en na ons rehearsals was ek elke keer seer gewees want my lyf is nie gewoond om so te beweeg nie. Sonder om te veel weg te gee gaan die video oor my wat probeer ontsnap uit donkerte. Dis die hele chase waar donkerte en negatiwiteit my jaag.

Dis ’n baie apocalypse theme. Ek ontsnap uiteindelik uit al die donkerte uit in die lig in waar ek dan dans. Op ’n baie subtiele manier speel ek met die kyker om te wys dat mens die keuse kan maak om uit jou donker omstandighede te ontsnap en om te baklei teen dit, te bid teen dit, op te staan teen dit en die lig te kies want God is lig en jy sal dan in lig wees ‘because darkness cannot comprehend the light.’ Dis nogsteeds ’n sexy en provocative musiekvideo en ek hoop die publiek gaan hom geniet,” gesels Dirk oor die video wat in Pretoria opgeneem is.

“Ek eksperimenteer met hierdie musiekvideo met nuwe mense (CinaStage Studios) en gebruik hulle vir ’n eerste keer net soos ek die Tailormade dansers ook vir die eerste keer gebruik vir ’n musiekvideo.”

Dirk van der Westhuizen is in Pretoria gebore en sing al vandat hy kan onthou. “As kind het ek elke naweek shows in my kamer vir die familie gehou. Om te sing en mense te inspireer is deel van my DNA – dis wie ek is en al wat ek nog altyd wou doen,” sê hy.

Dirk is reeds nege jaar in die musiekbedryf doenig en spog met drie suksesvolle albums, ’n rits treffers en meer as ’n miljoen YouTube-trefslae.

Hy sonder elke vertoning, gesig wat ophelder en saam sing, elke pakkie of sakkie suiker wat hom tref en elke ontmoeting met mense wie se harte hy kon aanraak as die hoogtepunt in sy loopbaan uit.

Hy put graag inspirasie uit ander plaaslike musikante en sê dat hy graag iets saam met Karlien van Jaarsveld sal wil aanpak.

As hy nie kon sing nie, sou hy graag ’n persoonlike afrigter wou wees. “Ek het ’n baie groot liefde vir fiksheid en om mense in die beste weergawe van hulself te verander en te motiveer. Om fiks te wees is soveel meer as net ‘n mooi lyf – dis ’n gevoel van vryheid en selfvertroue.”

Dirk hou daarvan om liedjies te skryf wat met die hart praat. Volgens Dirk moet hy homself op die verhoog daarmee kan sien voordat hy dit goedkeur. “Meeste van die tyd skryf Johan Oberholzer regtig mooi liedjies. Ek skryf ook baie van my songs self en probeer maar lirieke inwerk waarmee mense kan vereenselwig, maar steeds buite die norm is,” vertel hy.

Dirk luister graag na Britney Spears omdat sy ’n groot invloed op hom gehad het as kind en lewe graag met die musiek leuse: “Wanneer woorde opraak sal liedjies verder praat.”

En wat weet sy aanhangers nie van hom nie? “As ek nie by een van my eie vertonings is nie – is ek bitter skaam tussen mense, ek voel baie vinnig uit,” vertel hy. En die grootste les? “Dat enige iets wat maklik kom net tydelik is. Jy moet werk vir dit waarin jy glo en moenie op enige iemand staatmaak behalwe jouself nie. ’n Aanhouer wen! Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit jou lewe en loopbaan met ’n ander sin vergelyk nie. Elke persoon is uniek dus het God ’n unieke plan vir ons almal. En ja, daar is beslis ’n plek in die son vir almal.”

Dirk se planne vir die toekoms is om op klein dorpies waar hy nie so gereeld sing nie uit te kom en dan lê daar nog Krone 6 voor waaroor hy baie opgewonde is.

Volg vir Dirk van der Westhuizen op sosialemedia:

Facebook, Instagram, Twitter en YouTube

Vir meer inligting kontak:

The Marketing Zoo – 012 004 0642
[email protected] / [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui