fbpx
Jacques & Liezel – MOVING ON Musiekvideo

Jacques & Liezel – MOVING ON Musiekvideo

Skaars ’n maand sedert hulle jou met hul nuutste enkelsnit kom betower het, is Jacques en Liezel terug in die kollig met die vrystelling van hierdie einste liedjie se musiekvideo… en dit gaan jou asem wegslaan.

Volgens die duo gaan MOVING ON se video oor ’n musikant (Lee Scott) wat inskryf vir ’n liedjieskryfkompetisie wat deur Jacques en Liezel aangebied word. Die liedjie wen dan die kompetisie. Die musiekgroep in die video, bestaan uit Jacques, Liezel, Dodo, Ryno Olivier, Waldo en Joggie.

MOVING ON, wat beskryf word as ’n geestelike country-lied, is deur die twee musikante self geskryf en vervaardig deur Jattie de Beer van Artistry Productions en Loki Rothman. Dit is hulle vierde enkelsnit en volg in die voetspore van VashouUit My Hande en Wonder van Kersfees wat goed ontvang is en presteer het op treffersparades regoor die land.

Dié Afri-Indie-bekroonde musiekpaar het in 2021 hulle debuut in die musiekbedryf gemaak het, nadat hulle op Facebook ontmoet het.

Tans is hulle besig om te werk aan nuwe Afrikaanse musiek, asook hulle romantiese verhouding wat onlangs vlam gevat het en hulle baie gelukkig maak.

MOVING ON sal aanklank vind by ’n wye gehoor, omdat almal drome het en die lirieke dien as inspirasie om daardie drome waar te maak – met God aan jou sy.

Dié opbouende snit is nou aanlyn beskikbaar, kry dit hier: https://jacquesenliezel.lnk.to/37x4vPdd

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram