fbpx
Leon Gropp herinner ons aan sy talent met SWERWER

Leon Gropp herinner ons aan sy talent met SWERWER

Leon Gropp se enkelsnit, SWERWER, is pas vrygestel en bewys net weereens hoekom hy sy plek in die Afrikaanse musiekmark verdien. Dit kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Douvoordag se Jattie de Beer.

Leon Gropp, is nie net ’n bekroonde kitaarspeler en talentvolle sanger nie, maar ook ’n bekende gesig op die kassie as een van die aanbieders van die kykNET-program, Ontbytsake.

Swerwer Leon Gropp

SWERWER deur Leon Gropp, wat vir seker deur radiostasies opgeraap gaan word, gaan oor die kognitiewe dissonansie waarmee enige denker wroeg wanneer sy gekonfronteer word met teenstrydige idees en oortuigings in haarself. 

“Die wêreld en gepaardgaande bestaan daarin, is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Maar daar lê ook ’n groot stuk vryheid aan die anderkant van hierdie ontnugtering,” verduidelik Gropp oor die betekenis agter sy nuutste vrystelling. SWERWER is ’n ode aan alle soekers, twyfelaars, ontnugterdes, peinsendes en liefhebbers van die logika.”

SWERWER volg in die suksesvolle vrystelling van sy debuut-enkelsnit en –musiekvideo, Bakenlig, wat in 2018 uitgereik en baie goed ontvang is.

Leon is ’n gesinsman wat graag tyd saam met sy geliefdes deurbring. Hy is veral bekend as ’n voormalige lid van die kitaarduo, CH2, saam met wie hy ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentale Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, skep hy graag visuele stories deur kreatiewe bemarkingsvideos vir klein/medium besighede te vervaardig

Hy het nog baie planne en drome vir die toekoms en sien uit daarna om dit met sy bewonderaars te deel.

SWERWER is nou beskikbaar op alle aanlynplatforms.

https://music.apple.com/za/album/swerwer-single/1576278687

https://open.spotify.com/track/5mjHoz4LwaIsavOimr71M0?si=15ypYI2vSzeKrP0UQjvDwA

SOSIALE MEDIA

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube

Web: www.leongropp.com