fbpx
Plectrum Top 40 – Week 10

Plectrum Top 40 – Week 10

Hier is dan die uitslae van die Plectrum Top 40 week 10.

Wikus Botma se WE’LL BE OKAY klim al die pad na No 1 vanaf No 8. Die liedjie het drie weke gelede sy debuut gemaak en dis sy derde week in die Top 10.

Abel Knobel se MEISIE OP DIE STRAND behou sy posisie op No 2 na die liedjie verlede week sy debuut op No 2 gemaak het. Van Wyk Brand se MAL SAAM klim op na No 3 vanaf No 6. Renaldo se HOE HOOG verskyn weer op die trefferlys op No 4.

LEWE van Deon Dee verskyn ook weer op die trefferlys op No 5. HARTKLOP van Len Muller klim op na No 6. Johan Anker se SOLDAAT is op No 7, dit is ook die liedjie se 10de week in die Top 10. Kaleidoskoop se VLUGVOETIG is op No 8.

VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Len Muller se TOEVLUG saam met Stella.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • VRY van Juan Casey & Danie Reënwolf op No 31
  • NOG EEN van Wit Kasteel op No 36

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40 Week 10:

  • TALK ABOUT IT van Rubber Duc op No 37
  • OU VLAM van Heuning op No 39
  • BOOMBOX van Theo Nell (feat Vincent Gordon) op No 39

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 156 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 156 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 119 136
  • Die totale nuwe kyke van die 156 liedjies hierdie week was 30 254 waarvan 45 194 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Data word onafhanklik saamgestel en verwerk deur Reputasie.

Plectrum Top 40 Week 10

LEES MEER

Plectrum Top 40