Plectrum YouTube Programaansoeke

Plectrum beplan groot dinge vir 2020 en een van ons projekte waaroor die span opgewonde is, is ons YouTube programreeks.

Ons wil graag alle onafhanklike kunstenaars uitnooi om aansoek te doen om op ons program te verskyn.

Indien jou aansoek suksesvol is, sal ons jou kontak en die nodige reëlings tref.

Tans word daar 24 episodes beplan waarop kunstenaars saam met Zander de Beer gaan gesels oor hul doen en late.

Om in oorweging te kom vir hierdie opwindende projek, kan jy die aanlynaansoekvorm hier voltooi. Wees asseblief so deeglik as moontlik met jou antwoorde om jou kanse vir oorweging te verhoog.

Aansoeke sluit op 14 Februarie 2020.