fbpx
THE NEST ondersoek impak van emmigrasie op ’n gesin.

THE NEST ondersoek impak van emmigrasie op ’n gesin.

The Nest Poster

THE NEST ondersoek die impak van emmigrasie op ’n gesin. Die film speel af in die 1980’s.

Die visuele styl van die rolprent – pragtig saamgestelde wye skote en beligting wat boekdele spreek – is geskep deur die regisseur Mátyás Erdely en maak die film regtig lekker om na te kyk.

Die rolprent word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 25 Desember 2020 in plaaslike bioskope te sien wees.

Om oorsee te gaan bly, is ’n idee waaraan al hoe meer Suid-Afrikaners gewoond moet raak. Alhoewel dit gewoonlik iets is waaroor die meeste mense opgewonde is, fokus regisseur Sean Durkin se tweede vollengte speelfilm – THE NEST – op die emosionele impak wat so ’n stap op ’n gesin kan hê. 

Die rolprent, wat in die 1980’s afspeel in ’n dekade wat sinoniem is met ongebreidelde kapitalisme en onbeduidende oormaat, vertel die verhaal van die O’Hara-gesin wat ’n skynbaar wonderlike lewe in ’n voorstad in New York lei. Op die oog af lyk hulle soos ’n gewone Amerikaanse gesin wat besig is om opgang te maak. Maar wanneer die pa die geleentheid kry om terug te trek na sy geboorteland, Engeland, vir ’n opwindende werkgeleentheid, begin die krake wys.

Vir die charismatiese Rory O’Hara (Jude Law) is die skuif blykbaar ’n droom wat waar geword het. Vir sy vrou, Allison (Carrie Coon), en die egpaar se twee kinders, Samantha (Oona Roche) en Ben (Charlie Shotwell), is dit egter ’n reuse kultuurskok.

“Ek het in die 1980’s en 1990’s tussen Amerika en Engeland grootgeword en die enorme verskil in die atmosfeer tussen die twee plekke sal my altyd bybly. Ek het altyd gevoel dat hierdie kontras ’n aangrypende storielyn vir ’n fliek sou bied en dit het gelei tot die ontstaan van THE NEST,” verduidelik die regisseur. “Binne hierdie omgewing wou ek besin oor my persoonlike ervaring en ’n ontstellende familiedrama skep, wat ondersoek hoe so ’n skuif oor die Atlantiese Oseaan ’n gesin kan ontwrig en sluimerende waarhede na die oppervlak bring.” 

Alhoewel al vier familielede hulle eie persoonlike ellende ervaar – Ben word geboelie en Sam rebelleer – gaan die film uiteindelik oor Rory en Allison. Aangesien die belofte van ’n winsgewende nuwe begin begin ontrafel, moet die paartjie die onwelkome waarhede onder die oppervlak van hulle huwelik in die gesig staar.

Rory is ’n man met iets om te bewys; hy glo sukses is ’n beeld wat jy uitdra en ’n ideaal wat jy najaag. Allison lyk op die oog af na iemand wat haar man en gesin ondersteun, maar eintlik sukkel sy om gewoond te raak aan haar nuwe omstandighede.

“Dit was vir my ’n prioriteit om die huwelik binne ’n gesinsopset op ’n eerlike manier te ondersoek. Die karakters verval in tradisionele geslagsrolle, wat mekaar ondersteun in mede-afhanklikheid. Terwyl Rory probeer om sy verlede in die gesig te staar, word Allison die stille instaatsteller wat swig voor sy leuens, alles ten koste van haar gesin se welstand,” sê Durkin.

Law en Coon kwyt hulle skitterend van hulle taak en kry dit reg om die geskiedenis tussen hulle karakters vas te vang en weer te gee, sonder om ’n woord te sê. Adeel AkhtarMichael Culkin en Anne Reid is ook in die fliek te sien.

Die visuele styl van die rolprent – pragtig saamgestelde wye skote en beligting wat boekdele spreek – is geskep deur die regisseur Mátyás Erdely en maak die film regtig lekker om na te kyk.

THE NEST is ’n spanningsvolle drama, wat temas soos manlikheid, geslagsrolle en gesinstruktuur ondersoek deur ’n gesin op ’n baie spesifieke tyd en plek onder die vergrootglas te plaas. Baie van hierdie onderwerpe is egter vandag universeel en baie relevant. Dit bied ook ’n nugter siening van die verbrokkeling van die middelklas-droom en die impak daarvan op diegene vir wie dié droom ’n nagmerrie word.

Die rolprent word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 25 Desember 2020 in plaaslike bioskope te sien wees.

SOSIALE MEDIA

Facebook