Die Kaplyn is terug op die planke.

Die Kaplyn is terug op die planke.

Die Kaplyn, ‘n musiekblyspel wat in 2023 te sien was by AfriForum Teater, maak weer eersdaags sy buiging vir ’n tweede speelvak wat op 26 April by AfriForum Teater begin. Die Naledi-teatertoekennings vir 2023 se benoemings vir Die Kaplyn is ook reeds bekendgemaak. Dié AfriForum-produksie uit die pen van Jannes Erasmus en Johan Vorster is in talle kategorieë benoem.

Die musiekblyspel wat teen die agtergrond van die grensoorlog afspeel is in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied. Musiek en lirieke is deur Johan Vorster en Jacomien de Villiers behartig met Francois Lessing wat weer aan die stuur van orkestrasie was terwyl die teks en regie deur Jannes Erasmus hanteer is.

“Ek is baie dankbaar dat ons die voorreg het om te doen waarvoor ons lief is, saam met vriende wat familie geword het. Die Naledi-teatertoekennings is basies die Oscars van ons land se teater industrie so dit is ‘n enorme voorreg dat hulle soveel aanklank kon vind by ons musiekblyspel. Ons besef die Here is nog nie klaar met die Kaplyn nie, vir elkeen van ons sewe benoemings is daar ook sewe weke in ons volgende speelvak en die grootste geskenk sal wees om dit met vol gehore in die AfriForum Teater te deel, sê Jannes Erasmus.

Dit was weereens ‘n voorreg om saam met Jacomien de Wet die musiek te skryf vir Die Kaplyn. Ons is baie dankbaar vir die nominasie.” sê Vorster.

AfriForum is trots daarop dat ons die Kaplyn, na die sukses van die vorige speelvak, weer op die planke kan wees by AfriForum Teater. Ons Teater is juis geskep om as tuiste te dien vir Afrikaans, ons kultuur en geskiedenis. Dit is dus gepas dat ‘n vernuwende musiekblyspel oor die grensoorlog en die opoffering van ons voorgeslagte ook weer ‘n tuiste by AfriForum Teater vind, sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Die sukses wat musiekblyspele telkemale by AfriForum Teater bereik wys net dat AfriForum Teater nie net dié tuikomplek vir Afrikaanse kunste is nie, maar ook vir Afrikaanse musiekblyspele! Ons is baie trots op die Kaplyn en dit is wonderlik om weer in soveel katogorieë benoem te word vir die Naledi-teatertoekennings” sê Carien Bloem, hoof van kommunikasie en openbare skakeling by AfriForum Teater.

Die benoemings is:

  • Beste ensambel in ‘n musiekblyspel: AfriForum Teater en Inhoud Huis Musiek vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste oorspronklike komposisie en/of musiekverwerking: Johan Vorster en Jacomien de Wet vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste klankontwerp: Pieter-Louis van Twisk vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste regisseur van ’n musiekteaterproduksie: Jannes Erasmus vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste ondersteunende vertolking in ’n musiekteaterproduksie (manlik): Dihan Keun vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste hoofrolvertolking in ’n musiekteaterproduksie (manlik): Abel Knobel vir Die Kaplyn (AfriForum Teater).
  • Beste musiekblyspel- of musiekteaterproduksie: Die Kaplyn (AfriForum Teater). Vir ’n volledige lys van die genomineerdes besoek gerus: https://naleditheatreawards.com/the-naledi-theatre-awards-nominations-for-2023/

Nuwe spelers wat te sien is in Die Kaply, ‘n musiekblyspel:

  • Carmen Basson vertolk die rol van Lyfie.
  • Marine Moffat vertolk die rol van Nicci.
  • Anke Rothman vertolk die rol van Michelle.
  • Zöricke Snyman vertolk ook die rol van Dezi, voorheen vertolk deur Carmen Basson.

Kaartjies vir Die Kaplyn: ’n musiekblyspel se tweede speelvak, 26 April tot 9 Junie 2024 is
hier beskikbaar: www.afriforumteater.co.za.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram