fbpx
Liani Reynolds – die nuweling wat haar hart met jou deel.

Liani Reynolds – die nuweling wat haar hart met jou deel.

Liani Reynolds is ‘n spliternuwe stem wat in April haar debut-album, Ligsoom vrygestel het.

LIGSOOM is ’n unieke kontemporêre musiekalbum, wat jou soos ’n sprokiesverhaal sal vergesel op ’n baie persoonlike reis deur die sangeres se lewe. 

Agt van die elf snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, uit haar eie pen, wat elkeen sorgvuldig aanmekaargeweef is. Die mooi klanke en lirieke sal uit die staanspoor gehore se harte vasvang.

Die album het ’n emosionele en nostalgiese styl wat verweef is met ander sterk musiekelemente en Liani se indrukwekkende stem.

Liani het nog altyd ‘n liefde vir musiek gehad. Twee jaar gelede het sy die geleentheid gekry om van die liedjies wat sy geskryf het, op te neem. So het haar paaie gekruis met Joshua na die Reën wat ‘n groot rol daarin gespeel om haar te help om ‘n album op te neem.

Alhoewel haar eerste album onlangs vrygestel is, werk sy reeds aan ‘n opwindende produksie by Aardklop hierdie jaar saam met Joshua na die Reën.

Vir Liani lê die mooi van musiek daarin dat jy as sanger en skrywer die luisteraar kan wegvoer na die plek waar die skrywer se hart was toe die spesifiek storie afgespeel het.

“My musiek sal ek beskryf as ‘n voertuig van stories. Elke lied het ‘n spesifieke storie wat gebore is uit ware gebeure of inspireer is daardeur”, sê die sangeres en liedjieskrywer wat ook klavier speel.

Sy glo daarin om jou storie op die eerlikste manier moontlik te deel en om getrou te wees aan jouself. Haar grootste inspirasie is God, haar gesin en haar ouers. Ons is oortuig dat haar 5 seuns vele skryfstof kan oplewer.

Luister na haar musiek:

Die album is beskikbaar op ITunes.

https://open.spotify.com/artist/4CdhbuO7ewyWlHR4UF7QLr

Daar is ook twee liedjies vanaf die album op Apple Music, Spotify en Deezer. Alternatiewelik kan die album bestel word by lianireynolds.co.za.

Besprekings:

Stuur ‘n boodskap op die webblad of kontak 0837652984 of 0832818169.

Webblad: lianireynolds.co.za
Eposadres: [email protected]
Kontaknommer: 0837652984/0832818169

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui