fbpx
Lydia Winchester inspireer nuwe gin

Lydia Winchester inspireer nuwe gin

Black Crow het onlangs hulle nuutste mango-gegeurde gin, wat deur die alombekende musiekpromotor, Lydia Winchester geïnspireer is, aan die plaaslike mark bekendgestel.

Die knal oranje Sunstone Gin verpersoonlik alles wat Lydia is; oranje vir haar borrelgompersoonlikheid en die veselagtige sappige mango wat maklik Lydia se gevrugte alterego kon wees.

“Ek is mal oor mango’s,” skerts Lydia. “Ek gebruik ook baie keer die vrug in van my disse.”

Dié twee broers (Charl van der Merwe en David Divaad) van Black Crow, het net voordat die Covid-19 pandemie die wêreld in ’n wurggreep beetgekry het, Black Crow gestig.

Die streng inperking het menige mense na die pynappel- en aartappelskille laat gryp, maar die broers het besluit dat gin gaan stook en kort voor lank het twaalf verskillende geure op die rakke van drankwinkels landswyd gepryk. 

David vertel dat die idee rondom Sunstone Gin op Lydia se kuierstoep gebore is. “Ek en my broer het tydens een van ons besoeke aan Lydia, gesien (en geruik) hoe sy een van haar spoggeregte aanmekaar slaan.”

“Ons het onsself ook verluister aan die manier waarop sy die resep aan ons verduidelik het. Die hoofbestanddeel van dié gereg was mango’s. Ons het ook later uitgevind dat oranje haar gunsteling kleur is. Op pad terug na Limpopo het ons besluit om ’n gin, waarin ’n mens Lydia se persoonlikheid kan proe, te ontwikkel.”

In tipiese Lydia-styl het sy ook haar eie persoonlike handtekening Love Lyds agter op die bottel aangebring.  Die bottel en etiket is ook volgens Lydia se unieke eienskappe ontwikkel; die bottel is kort en slank (ongelukkig kon Lydia se netjiese paar bene nie op die bottel uitgebeeld word nie)  en die etiket skree sommer have you ever as jy daarna kyk. 

“Natuurlik, knipoog Lydia, loop musiek en gin ook hand-aan-hand. “Ek werk al ’n rukkie saam met David en daar is ’n sekere sinergie tussen ons. Ons werk lekker saam en beide van ons sien daarna uit om by die gin projek betrokke te raak.”

Uitgelese gaste het in Maart vanjaar die voorreg gehad om die gin te proe en die reaksie was ’n gesmak van lippe en uitroepe wat ’n mens laat wonder het oor die skop in die drankie….

Die Sunstone Gin is vanaf Mei aanlyn beskikbaar en kan ook by sekere drankwinkels gekoop word. Die gin kan by  www.crowbev.co.za bestel word.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram