fbpx
Plectrum Top 40 – Week 12

Plectrum Top 40 – Week 12

CheraLee maak haar debuut bo aan aan die Plectrum Top 40 Week 12 met AS MÔRE KOM. Dit is CheraLee se eerste enkelsnit wat verskyn op die trefferlys. Verlede week se No 1 VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters sak een posisie terug na No 2.

Eugene Nel se GENOEG IS GENOEG klim weer al die pad na sy vorige piek van No 3. Len Muller se HARTKOP is op No 4. SOLDAAT van Johan Anker kuier vir die 12de week in die Top 10 en is hierdie week op No 5.

Kaleidoskoop se VLUGVOETIG is op No 6. Len Muller het twee snitte op No 7 en No 8, TOEVLUG saam met Stella en HEILDRONK. Kalinka Kalian se FALLING spandeer sy tweede week in die Top 10 na die liedjie verlede week op No 7 haar debuut gemaak het. Joshua Na Die Reën voltooi die Top 10 met VANUIT DIE WOLK.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • GHOSTS van Lillia Lessev op No 32

Liedjies wat weer verskyn op die Top 40:

  • YOU AND ME van Marichelle op No 30
  • BOOMBOX van Theo Nel (feat Vincent Gordon) op No 36
  • LEWE van Deon Dee op No 37

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 160 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 160 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 153 027
  • Die totale nuwe kyke van die 160 liedjies hierdie week was 19 293 waarvan 16 463 behoort aan die liedjies in die Top 40.
Plectrum Top 40 Week 12