fbpx
100% RETRO | THE PARTY

100% RETRO | THE PARTY

Maak gereed vir die grootste RETRO-partytjie wat Suid-Afrika nog beleef het! Kort na nuwejaar kan jy op 7 Januarie en 13 Januarie tot laatnag dans op van die wêreld se mees geliefde treffers uit die 80`s en 90`s.

Dit is die grootste plaaslike samekoms van internasionale groepe en DJ`s vanuit die mees onvergeetlike musiek-tydperk wat daar ooit was. Almal saam in Kaapstad en Pretoria!

Konsertgangers kan `n wêreldgehalte produksie verwag met fantastiese beligting en groot klank. Technotronic, Snap!, Dr Alban, Haddaway, Twenty 4 Seven, 2 Unlimited, Rozalla en SA segeliefde sanger Nádine gaan optree en daar sal ook verskeie plaaslike 90`s DJ`s insluitende Barney Simon, Alex Jay, Ian Fraser en Shawny B wees, wat die aand se RETRO-partytjie tot laat sal laat feesvier.

Wie onthou die wysie van “I’ve got the Power” en “Rhythm is a Dancer” – liedjies wat die Euro dansgroep Snap! internasionaal bekend gemaak hetEn dink aan die Belgiese supersterre Technotronic’s se treffers “Pump up the Jam” en “Get Up” wataanhangers oor kontinente heen steeds dekades later die nag in laat dans.

Dr Alban is ook steeds een van die wêreld se mees geliefde kunstenaars met sy Euro-hip-hop reggae-dansmusiek-styl. “It’s my Life” en “Sing Hallelujah” is van sy mees bekende treffers. Haddaway se “What is Love” sal die vrouens se 90`s hangoorbelle laat wieg, terwyl Twenty4Seven se “Slave to the Music” en “I can’t Stand it!” die pofbroeke en dun dassies sal laat bewe van lekkerkry!

2 Unlimited beaam die groot aand die beste: “Get ready for This” and “No Limit”! En Rozalla se “Everybody’s Free” gaan die die stadium laat vlamvat.

Die gewilde Suid-Afrikaanse sangeres Nádine bring hulde aan vroulike musieklegendes onder andere Tina Turner, Sinéad O’Connor en Whitney Houston. “ Wat `n heerlike uitdaging! Ek sien uit daarna om verwerkings van hierdie ikone se grootste treffers voor `n groot skare retro-aanhangers uit te voer.”

Hou dan asems op vir ons eie DJ legends: Alex Jay en Barney Simon het die land aan die brand gehad in die 80`s en 90`s met hul verskeie radioprogramme en TV verskynings. Ian Fraser en Shawny B maak ook hul verskyning; een groot aand van nimmereindige nostalgiese treffers!

“`n RETRO konsert op so `n skaal is nog nie voorheen in Suid-Afrika aangebied nie,” vertel die DJ legende Barney Simon. “Uiteindlik is daar `n lekker groot partytjievir die groep van mense wat terugverlang na die onvergeetlike musiek van daardie twee dekades.”

Alex Jay is van toe tot nou een van ons land se mees gewilde DJ`s. Hy sê: “Die organiseerders van 100% RETRO het deeglike navorsing gedoen om `n konsert saam te stel wat `n baie groot groep retro-getroue musiekliefhebbers verteenwoordig. “Dit gaan die partytjie van alle oldschool- partytjies wees! Kom en geniet die aand saam met ons en voel sommer weer bloedjonk!”

Maak seker jy kry jou kaartjies vir een van die grootste somer-partytjies van die nuwejaar. Die hekke maak op 7 Januarie 14h00 oop en 100% RETRO I THE PARTY skop vanaf 15h00 af tot en met 23h00.

In Pretoria op 13 Januarie maak die hekke 18h00 oop, en vertoning begin om 19h00 tot 00h00.

Kaartjies kan gekoop word by: https://itickets.co.za/events/475530

Besoek www.100percentretro.com vir meer inligting.