fbpx
Alzanley – KLEIN ONEINDIGHEID

Alzanley – KLEIN ONEINDIGHEID

Die musikant Alzanley Lizemore vier die vrystelling van haar nuutste enkelsnit, KLEIN ONEINDIGHEID, op alle stroomingplatforms.

Lizemore wat haar musikale reis begin het as weerwraak op die verwerping van haar skool se junior koor in graad 1, het haar kuns geslyp en gewerk om haar stem te ontwikkel, haarself in dramatiese optredes uit te druk en selfs klavier leer speel.

KLEIN ONEINDIGHEID is ’n opvolgprojek vir haar voorheen vrygestelde enkelsnitte: DAAR IS HOOP, WIND EN SAND en I DON’T WANNA KNOW.

Die liedjie is geïnspireer deur haar man (toe kêrel) wat volgens haar, haar veilig en geliefd laat voel het.

“Daar is baie maniere om geïnspireer te word. In hierdie geval is ek geïnspireer deur my man, omdat hy die mooiste mens met die grootste hart is. Die wêreld verdien meer mense soos hy. Hy inspireer my om elke dag ’n beter mens te wees. My vokale mentor (Jolanda Becker) vir haar asemrowende talent, toewyding aan die kunsvlyt, en moeite en waardering teenoor my as kunstenaar. Sy ondersteun my altyd. Laastens die droomspan van ATKV-Crescendo. Hulle blaas lewe in die kuns van musiek, dit is werklik ‘n gesig om te aanskou,” het sy gesê.

Die passievolle kunstenaar is tans deel van Suid-Afrika se mees talentvolle liedjieskrywers en kunstenaars wat in 2022 deel gevorm het van die ATKV-Crescendo Musical Development Project se top twaalf finaliste.

“Die ATKV-Crescendo-orkes het gehelp om die droom uit te leef met hul verbysterende musiektalente. Ek het die liedjie by Sunset Recording Studios opgeneem, saam met die wonderlike Jurgen von Wechmar.

Die briljante Jaques Victor en Helmut Meijer het beide gewerk op die projek en so is KLEIN ONEINDIGHEID gefinaliseer. Vandag het ons my eerste Afrikaanse oorspronklike liedjie, danksy hierdie wonderlike kunstenaars,” het sy gesê.

Die sangeres wat haar ouers erken vir ‘n afgeronde musieksmaak, word sterk beïnvloed deur plaaslike en internasionale kunstenaars.

“Kunstenaars in Suid-Afrika wat vir my ’n vokale inspirasie was, sluit in Nadine, Lynelle Kenned, Burgerd Botha en Corlea Botha. Internasionaal word ek geïnspireer deur Caissie Levy, Taylor Swift en Mayday Parade. Ek is mal oor die BeeGees, Celine Dion, Meatloaf, Parrish en Toppano en net te veel ander om op te noem. Inspirasie is oral om ons,” het sy gesê.

Lizemore stel later vanjaar ‘n Afrikaanse EP (Kortspeler) bekend, getitel KLEIN ONEINDIGHEID. Twee musiekvideo’s staan gereed om vrygestel te word.

“Ek is opgewonde vir almal om te hoor waarmee ons besig was,” deel sy.

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Instagram

LEES MEER

Alzanley, dansend in die wind en sand.