fbpx
Bands for Bricks 2

Bands for Bricks 2

Na die sukses van die eerste Bands for Bricks konsert is, kan aanhangers uitsien na die volgende konsert.

Bands for Bricks 2 sal plaasvind op 23 Februarie 2020 in die Sun Arena MENLYN MAINE, Pretoria.

Koos Kombuis, Amanda Strydom, Refentse, Herman Kleinhans, Die Melktert Kommissie, Klopjag, Straatligkinders, Ddisselblom, Bouwer Bosch & Lucinda, Lienka, Hemelbesem, Congo Cowboys, Bottomless Coffee Band en die Ndlovu Youth Choir is net ‘n paar name wat op die verhoog gaan verskyn.

Verwag die onverwagte, samewerkings (collabs) tussen kunstenaars wat nog nooit van tevore gedoen is nie. Dit is ‘n musikale produksie wat daarop gemik is om vir jou ‘n eens-in-‘n-leeftyd ondervinding te bied.

Vir elke kaartjie wat jy koop, ontvang jy ‘n R500-Police sonbril koopbewys wat by enige Spec Savers in Suid-Afrika gebruik kan word. Bepalings en Voorwaardes geld.

Bands For Bricks is ‘n sosialeentrepreneurskapmaatskapy wat 50% van hul wins aan sosiale opheffing in Suid-Afrika skenk.

Deur jou Bands For Bricks-kaartjie te koop, gee jy terug aan die gemeenskap en ervaar jy terselfdetyd ‘n ongelooflike produksie.

Besoek Grootfm.co.za om uit te vind hoe jou skool ook R20 000 met die konsert kan wen.

VIP groepspakkette ook beskikbaar, e-pos [email protected] vir meer.

SOSIALE MEDIA

Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui