fbpx
Onafhanklike kunstenaars skitter met Aitsas

Onafhanklike kunstenaars skitter met Aitsas

Die afgelope week was die eerste Aitsa-musiektoekennings aangebied deur Pretoria FM. Die toekenningsgeleentheid wat gegrond is op deursigtigheid en geloofwaardigheid met die doel om erkenning te gee aan elkeen wat Afrikaanse Suid-Afrikaners op hierdie wyse met gehaltemusiek vermaak!

Verskeie onafhanklike kunstenaar het weggestap met die eerste Aitsa toekennings in verskeie kategorieë waarbinne hulle megeding het. Die unieke trofee is spesiaal deur die bekende beeldhoure, Francois Visser, ontwerp.

Die Aitsa-trofee is ’n uitbeelding van twee klankgolwe. Die een klankgolf beeld die pols van musiek uit, terwyl die teenstellende pols die kunstenaars se uitstaande prestasies in die onderskeie kategorieë in Afrikaanse musiek vereer.

Hierdie voorwerp word uitgebeeld deur die drie punte van die boonste vlak van die seshoekige basis van die trofee. Die drie punte smelt weer saam in een punt. Die drie punte is ’n verwysing na Pretoria FM wat oorsprong gegee het aan die musiektoekennings se leuse: Hoop, glo en leef in Afrikaans.

Douvoordag het meegeding om Nuweling van die Jaar teen Early B, Almero, Hanco en Ivan Roux en met die louere weggestap.

Dis vir ons ’n groot voorreg om vereer te kon word as ‘Nuweling van die jaar’ by die Aitsa Afrikaanse musiektoekennings. As ’n onafhanklike kunstenaar in die bedryf beteken dit baie,” het die groep om Facebook geplaas.

Die Flooze met haar album Die Bliengmasjien het in haar kategorie, Humoristiese album van die jaar, as wenner uit die stryd getree. Armand Strydom met sy album, Lekker Mens en Pieter Rischmüller met My Harlekyn het teen haar te staan gekom.

Aan al my tjommas daarbuite, die een is ons s’n!” het Sorina op ’n video met haar aanhangers gedeel. Op die verhoog het sy almal bedank en gesê dat sy dankbaar is almal aanvaar haar net soos sy is en dat sy die voorreg het om met humor hoop te kan skep in ’n land wat dikwels oorheers word deur die negatiewe.

Spoegwolf spog met twee Aitsa-toekennings na een aand!

Hulle het die kategorie vir Alternatiewe-/Rock Album van die jaar gewen met hul album, Koma. Hiervoor het hulle stof in die oë geskop van Jan Blohm, Almero, Beeskraal en Bob Ffole.

Die viermanskap het ook die gesogte Kunstenaar van die jaar toekenning verwerf. Ander kunstenaars wat in die kategorie genomineer was, was  Tarryn Lamb, Demi Lee Moore, Jo Black en Refentse almal reeds swaargewigte in die musiekindustrie.

Plectrum is trots daarop om ons deel te doen om vir onafhanklike kunstenaar ’n platform te bied waar hul prestasies en drome gedeel kan word.

Lees meer oor die Aitsas: http://plectrummusiek.co.za/2019/10/17/aitsa-afrikaanse-musiektoekennings-oortref/

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui