fbpx
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings oortref!

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings oortref!

Die Aitsas, die splinternuwe Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid, het gisteraand vir die eerste keer by die Moreleta-ouditorium in Pretoria plaasgevind. Pieter Koen was die gasheer tydens die geskiedkundige geleentheid en het ’n begeesterde ouditorium verwelkom.

Pretoria FM is die trotse aanbieders van dié toekenningsgeleentheid wat gegrond is op deursigtigheid en geloofwaardigheid. Die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, het tydens die bekendstelling gesê Afrikaanse musiek sal altyd deel van ons bestaan en ons menswees bly.

Daarom bied Pretoria FM die Aitsa-musiektoekennings aan om erkenning te gee aan elkeen wat Afrikaanse Suid-Afrikaners op hierdie wyse met gehaltemusiek vermaak!

Van die land se beste Afrikaanse kunstenaars, wat Ricus Nel, Nádine, Snotkop, Demi Lee Moore, Elandré, Monique Steyn, Elvis Blue, Liezel Pieters, Appel, Steve Hofmeyr en verskeie ander insluit, het die gehoor tydens die wêreldklasvertoning bekoor. Die fenomenale produksie is onder leiding van Rex van Deventer op die planke gebring.

Dié nasionale toekenningsgeleentheid is geskep vir gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -vervaardigers. Tydens die spoggeleentheid, is die eerste wenners op ’n swierige wyse aangekondig.

Ikone wat diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf en in die Afrikaanse kuns- en kultuurmilieu getrap het, is met ’n Toekenning vir Lewenslange bydrae vereer:

Lewenslange bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf – Sonja Herold
Lewenslange bydrae tot die ontwikkeling Afrikaanse (dans)musiek – Kosie van Niekerk

Solidariteit Gilde toekennings vir uitnemendheid:
– Baanbrekerswerk op gebied van film en vermaak – Ivan Botha en Donnalee Roberts-Botha
– Uitnemende prestasie in Afrikaanse Letterkunde – Deon Meyer
– Uitnemendenheid op Skoolvlak in Kuns en Kultuur – Hoërskool Rustenburg

Die benoemings was soos volg en die wenners per kategorie word uitgelig.

Boere- of tradisionele musiekalbum van die jaar:
Die Ventertjies – Vanaand Dans ons Weer
• Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder – Tuisgebak
• Hennie de Bruyn & Die Kitaarkêrels – 3 Ghitaar Jolyt
• Vatvas … – So maak ons
• Pieter Smith – Die Storie van Afrikaanse Musiek 1

Humoristiese album van die jaar:
• Armand Steenkamp – Lekker Mens
• Flooze – Die Bliengmasjien
• Pieter Rischmüller – My Harlekyn

Kontemporêre album van die jaar:
• Refentse – Liefdegenerasie
• Jo Black – Voel jy die genade
• Tarryn Lamb – Mal oor jou
• Adam Tas – Sit Kêrels
• Douvoordag – Die Avontuur

Instrumentale album van die jaar:
Rocco de Villiers – Kortbroek, Langkouse
• Lizelle – Joy
• CH2 – Starstruck
• Vatvas Dansorkes – So maak ons

Alternatiewe-/Rock-album van die jaar
• Jan Blohm – Die Liefde Album
• Almero – Maandag
• Beeskraal – 28 Jaar in die Kraal
• Bob Ffole
• Spoegwolf – Koma

Hip Hop-album van die jaar:
• Early B – Aangename Kennis
• Jan Bloukaas – Lewe
• Al Jerome – Ek sal

Popabum van die jaar:
Demi Lee Moore – Mis Eet Slaap Herhaal
• Snotkop – Sous
• Corlea – Onbreekbaar
• Ivan Roux – Daai Ding
• Brendan Peyper – Hy Loop Oop

Afrikaanse musiek in ’n TV-program of TV-reeks:
Jo Black – Kom ons gaan groot (Die Groot Ontbyt)
• Dewald Wasserfall – Nuwe begin (Die Kontrak)
• Pieter Smith & Emo Adams – Toks en Tjops (Toks en Tjops)
• Len Muller – Vrede (Mense Mense)
• Jakkie Louw & Pietman Geldenhuys – Braai (Toks en Tjops)

Musiekvideo van die jaar:
• Elandré – Vuur op die water
• Snotkop – Souserig
• Refentse – Liefdegenerasie
• Steve, Bok, Bobby, Jay en Ruhan – Die Land
• Tarryn Lamb – Mal oor jou

Nuweling van die jaar:
• Early B
• Almero
• Hanco
• Ivan Roux
Douvoordag

Liriek van die jaar:
• Juan Boucher – Twaalf Rondtes

Vervaardiger van die jaar:
• Juan (Floors) Oosthuizen
Danny Smoke
• Christie Schutte
• Robin Kelly
• Vaughan Fourie
• Murray Lubbe

Liedjieskrywer van die jaar:
Elandré & Neil Schoombee
• Jan Blohm
• Refentse
• Jo Black, Johan Vorster, Christoph Kotze, Roan Ash
• Danie du Toit
• Johan Oberholzer

Gewildste liedjie van die jaar:
• Snotkop – Souserig
• Brendan Peyper – Jy laat dit maklik lyk
• Refentse – Reisiger
• Juan Boucher – Ons word een
Steve, Bok, Jay, Bobby en Ruhan – Die Land
• Appel – Boer loop deur my are
• Early B – Ben Ten
• Jan Blohm – Liefde Maak
• Tarryn Lamb – Mal oor jou
• Demi Lee Moore – Mis Eet Slaap Herhaal
• Spoegwolf – Koma
• Refentse – Liefdegenerasie
• Tarryn Lamb – Vier woorde
• Dirk van der Westhuizen – Sexy vi my
• Snotkop – Dik in Desember
• Early B – Potte
• Jo Black – Voel jy die genade

Kunstenaar van die jaar:
• Spoegwolf
• Tarryn Lamb
• Demi Lee Moore
• Jo Black
• Refentse

Album van die jaar:
• Spoegwolf – Koma
• Tarryn Lamb – Mal oor jou
Demi Lee Moore – Mis Eet Slaap Herhaal
• Jo Black – Voel jy die genader
• Juan Boucher – Twaalf Rondtes
• Jan Blohm – Die Liefde Album
• Snotkop – Sous
• Refentse – Liefdegenerasie

Koortzen het gesê Pretoria FM kon egter nie alleen ’n sukses van só ’n groot geleentheid maak nie en het ieder en elk bedank wat lief is vir Afrikaans en wat die Moreleta-ouditorium volgepak het. Koortzen meen sodoende is ’n duidelike standpunt gestel ten opsigte van die ondersteuning van Afrikaanse musiek, kuns en kultuur vir die regte redes. “Saam haak ons in by ons taal, Afrikaans, en saam maak ons seker dat die note en woorde van Afrikaanse musiek harder en suiwerder as ooit deur almal gesing en gehoor sal word!

Die Aitsas spog met ’n unieke trofee wat spesiaal deur die bekende beeldhouer, Francois Visser, ontwerp is. Die Aitsa-trofee is ’n uitbeelding van twee klankgolwe. Die een klankgolf beeld die pols van musiek uit, terwyl die teenstellende pols die kunstenaars se uitstaande prestasies in die onderskeie kategorieë in Afrikaanse musiek vereer.

Hierdie voorwerp word uitgebeeld deur die drie punte van die boonste vlak van die seshoekige basis van die trofee. Die drie punte smelt weer saam in een punt. Die drie punte is ’n verwysing na Pretoria FM wat oorsprong gegee het aan die musiektoekennings se leuse: Hoop, glo en leef in Afrikaans.

One thought on “Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings oortref!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui