fbpx
Charl Folscher – CRAZY LOVE

Charl Folscher – CRAZY LOVE

Het jy al ooit gewonder of ons God se liefde verdien en of ons goed genoeg is om so ’n groot geskenk te ontvang? In sy nuutste enkelsnit, CRAZY LOVE, spreek die sanger en liedjeskrywer Charl Folscher hierdie vraag aan – en bevestig dat alhoewel ons die teenoorgestelde verdien, God ons seën met Sy onvoorwaardelike liefde.

“Ek het eendag by die klavier gesit en die lirieke: ‘I am broken, you will heal, you were broken, God’s love revealed’ (Ek is stukkend, jy sal genees, God geopenbaar) uitgedink,” sê Charl. “Daardie eerste sin het lewe gegee aan die konsep van God se liefde vir ons, en die res het net gevloei.”

Die snit, wat deur Franco Gagiano van Upper Room Studios vervaardig is, onderstreep die feit dat God se liefde altyd beskikbaar is en daarom glo Charl dat dit by almal sal aanklank vind. CRAZY LOVE beeld die konsep uit van die onverdiende liefde wat ons deur God se genade ontvang. Ons hoef niks te doen om dit te verdien nie – ons ontvang dit onvoorwaardelik.” Saam met die kragtige boodskap, spog die liedjie ook met ’n pragtige wysie wat sag is op die oor.

’n Musiekvideo van dié aangrypende snit is ook nou op die kassie te sien. Dit is deur Josh Farrer geskiet in Die Strand en is gebaseer op Mutemath se “one take”-videokonsepte. Na baie oorweging, het hulle besluit op ’n stadige aksievideo by die see. “Die see is vir my ’n konstante herinnering aan God se glorie en ook van die oorvloed van Sy liefde en genade,” vertel hy. “Die boodskap is dat God se liefde jou najaag en jou sal deurdrenk as jy dit toelaat. Maar soos jy in die see moet spring om nat te raak, moet jy na God se liefde hardloop en dit bly glo. Dat dit waar is en dat sy liefde jou nooit sal los nie. Die storie begin waar ek klaar sopnat (en koud op die dag) is en dan al hoe dieper in die see in loop.”

CRAZY LOVE is Charl se derde solo-projek. Sy eerste solo-album, Day by Day, is in 2005 uitgereik gevolg deur een saam met Surrender Band en twee saam met Wholehearted Worship (wat aan hom ’n SAMA-benoeming besorg het in 2011). In 2017 het hy ’n kortspeelplaat vrygestel met die naam Humble King, wat in Nashville opgeneem is.

Vir Charl, is die hoogtepunt van sy musiekloopbaan om ’n aanbiddingsleier te wees tydens ’n Angus Bachan-vertoning in Kaapstad. Dié geleentheid is deur 43 000 mense bygewoon. “Dit staan uit, omdat dit perfek in lyn is met wat ek met my musiek wil bereik – om God te eer en Sy kerk bymekaar te bring.” 

Die kunstenaar – wat die seun is van ’n tronkbewaarder en verpleegster – beskryf homself as ’n dromer, ’n effens boheems en ’n ewige optimis. “Daarmee saam, is ek ook met ’n ongelooflike mens getroud, die pa van ’n wonderlike seun en ’n gelowige wat altyd God se genade ontvang.”

Hierdie veelsydige kunstenaar – hy is ook ’n fotograaf en rolprentvervaardiger – het al in verskillende lande gewoon en meer as een beroepe gehad. Sy grootste passie bly egter musiek en dis waarna hy altyd terugkeer. Alhoewel hy na verskeie genres luister, vind hy inspirasie in name soos Coldplay, John Mayer, Mat Kearney en Need To Breathe. Een van sy grootste drome is om eendag saam met liedjieskrywer, Jonas Myrin, te werk.

Buiten vir sy musiek, is Charl ook besig met ’n dokumentêr wat hy volgende jaar in Irak wil verfilm.

Volgens hom, is die grootste les wat die lewe hom geleer het dat niks gewaarborg is nie, behalwe dat “ons altyd op God se genade en onvoorwaardelike liefde kan staatmaak,” soos wat hy in CRAZY LOVE bevestig.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/crazy-love/1586333278?i=1586333279

Spotify: https://open.spotify.com/album/35i0MBLUwSiqZrtSTAyO0K?si=4tb38y_WTJ20eB3njlj_eQ

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook

Instagram

Twitter

Webblad: www.charlfolscher.com