fbpx
Deon Human vat nog ‘n kans

Deon Human vat nog ‘n kans

Deon Human, ‘n talentvolle en veelsydige musikant, het sy nuutste enkelsnit, VAT NOG ‘N KANS, onlangs op alle digitale platforms uitgereik. 

Hierdie lied beloof om luisteraars van die braaivleis vure tot op die dansvloer te lok. VAT NOG ‘N KANS is Deon se derde uitreiking hierdie jaar. Hy het onder andere, ONS IS DORS en PARTY INNIBOS bekendgestel en beide liedere is reeds goed ontvang op digitale platforms.   

Hy noem dat die Pop-musiek genre nog altyd ‘n groot liefde in sy loopbaan was. Met sy unieke skryfstyl bekoor gehore met raakvat lirieke wat enige voet sal laat jeuk. 

Deon noem hiermee saam dat hy nie eintlik die ballade tipe musikant is nie, alhoewel hy reeds beplan om ‘n dieper kant van homself bloot te stel in 2024.

Hierdie lied, wat geïnspireer is deur ’n lekker aand in ’n plaaslike vasdansklub, vertel die verhaal van twee enkellopende jongmense wat besluit om ’n kans te waag en die hele nag saam te dans tot die son opkom. “Almal van ons het op ‘n tyd in ‘n klub gesit en die meisie van ons drome raakgesien maar was te bang om die kans te waag om haar te vra vir ‘n dans en wonder steeds wat kon gebeur het sou ons wel daai kanse geneem het?”

Met aanloklike ritmes en ’n meesleurende melodie lyn, skep VAT NOG ‘N KANS ’n atmosfeer van opwinding en avontuur in die hart van die dansvloer. 

Dis ’n liedjie wat jou dansgees virseker aanwakker om op te staan en net ’n kans te vat en saam te beweeg met die opgewekte musiek wat oor die dansvloer se klankgolwe speel.

Die inspirasie vir hierdie liedjie het ontsaan uit eie ervaring waar Deon een aand self by ’n vasdans klub was en gesien het hoe die verhaal tussen twee jong mense afspeel. 

Die storie wat hierdie lied vertel, is ’n universele een van hoop, moed en dapperheid. Die lied moedig jou aan om nie bang te wees om ’n kans te waag op daai spesiale dans met ‘n dame wat jy nie ken nie.

VAT NOG ‘N KANS is beklemtoon Deon Human se kreatiewe skryfstyl en hoe hy deur net op te let wat om hom aangaan in ‘n ware storieverteller kan verander.

Deon Human nooi jou uit om saam met hom hierdie reis mee te maak en net iewers een aand ’n kans te vat en lekker te dans.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram