fbpx
Francois van Rensburg sing oor Kersfees

Francois van Rensburg sing oor Kersfees

KERSFEES MAAND deur Francois van Rensburg is ’n tydlose Kersfees-liedjie wat hoop bring en gepas is vir die feesseisoen. Dit dra die boodskap oor van ’n uitdagende jaar wat verby is, maar hoe belangrike lewenslesse jou kan lei na ’n plek waar jy weer vrede vind.

Francois het kragte gesnoer saam met Daniel Baron, bekende Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger en suksesvolle sanger-liedjieskrywer.

Die liedjie se lirieke het ‘n positiewe boodskap wat luisteraars bemoedig dat KERSFEES MAAND, die maand van Desember, ‘n tyd van samesyn en liefde is ten spyte van die rowwe jaar wat almal op verskeie maniere beleef het.

“Dit is ‘n terugblik oor die jaar wat was, en gee ‘n kykie na die jaar wat kom. Die tema is so half om bestekopname te neem van alles en af te skakel tydens die feestyd,” vertel Francois.

Daniel Baron, wat saam met Francois die liedjie geskryf het, is ‘n platinumverkoper-kunstenaar en eienaar van die Hit Kitchen Studios. Afgesien van Daniel se blink musiekloopbaan, het hy ook gesorg vir talle treffers vir ander kunstenaars soos Euphonik, Kwesta, Sketchy Bongo, Higgo, Pascal & Pearce, ProVerb, Royal K, Mark Stent, Mandoza, ADAM en Cindy Alter van die 70’s supergroep Clout.

“Dit was ’n reuse voorreg om saam met Francois aan hierdie projek te werk. Ek glo dat hierdie liedjie ’n baie spesiale boodskap oordra en ek weet dit gaan hierdie Kersseisoen ’n gevoel van inspirasie en hoop onder mense versprei,” sê Daniel.

Francois het voorheen die enkelsnitte BID DAT GOD JOU SPAAR, EWEWIG, GAAN GROOT, DROMERLAAN en TWEE WÊRELDE uitgereik.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram