2019 se treffers

2019 se treffers

’n Nuwe jaar en ’n nuwe dekade wat nuwe geleenthede bied vir ieder en elk. Maar 2019 het ’n aantal treffers opgelewer waarmee rekening gehou moet word in die nuwe seisoen.

’n Berig wat deur Maroela Media geplaas is, het die 40 gewildste liedjies van 2019 volgens hoeveelheid YouTube kyke gelys. Op die lys het Snotkop, Riana Nel, Spoegwolf, Tasché, Refentse en Biggy meer as eenmaal verskyn.

Tussen die kunstenaars wat die onafhanklike vaandel hoog geswaai het, was Spoegwolf dertiende met LENIE BLOU II, asook een-en-dertigste met BLOU. Negentiende op die lys was Elvis Blue en Theuns Jordaan met JOU HUIS. Joshua na die Reën met SOOS IN NOU het die nege-en-twintigste posisie ingepalm.

‘n Paar onafhanklike nuwelinge tot die musiekbedryf het ook die lys gehaal. Posduif was vier-en-twintigste met hul tweede enkelsnit van die jaar LAAT VAL DIE WATER wat gesorg het vir groot opwinding in die laaste kwartaal van 2019. Baie geluk!

Lees die oorspronklike berig hier: https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/hier-is-die-gewildste-liedjies-van-2019/