fbpx
Henri Alant – EK EN JY

Henri Alant – EK EN JY

Met EK EN JY, het Henri bo alle verwagting bewys dat hy uit sy eie pen die mooiste lirieke kan laat vloei.

Henri noem dat hy hierdie keer eerder ‘n konsep wou aanpak waar 2 mense die wêreld aanvat en sy gedagte bou om die gevoelens uit sy eie lewensverhaal.

Henri vertel ons verder dat dit nie noodwendig die liefde van jou lewe hoef te wees nie. Dit kan jou jarelange beste vriend wees wat alles van jou af weet, wie tot vandag toe jou “go-to” persoon is.

Henri het onlangs EK EN JY vrysgestel by ‘n vriendin se seun se troue en dadelik besef dat die liedjie baie paartjies se trouliedjie kan word.

Met die vervaardiging van die musiekvideo is daar geen akteurs gebruik nie. Dit is slegs Henri en die kamera.

Die lirieke spreek namens hulself en sal elkeen wat hierna luister se storie inkleur. Die tema is universeel en sal aanklank vind by enige lewensverhaal.

EK EN JY se melodielyne is groot en vol. Die ritmiese styl val lekker op beide die oor en die hart. Dit is ‘n meester-produksie wat geniet kan word deur beide jonk en oud.

EK EN JY is vervaardig deur die bekende verwerker Christie Schutte wat in die selfde asem ook reeds betrokke was by die vervaardiging van DAAR’S ‘N REDE, JY IS LIG asook die onlangse vrystelling ROSE vanaf Henri se beplande vollengte album wat in 2022 uitgereik word.

Henri wil graag hê dat elke luisteraar sy of haar voertuig se venster moet oopmaak, die wind deur hulle hare laat waai en net die oomblik geniet om te weet jy is nie alleen nie. “Dit is EK EN JY”, sê hy!

Die enkelsnit het 28 Maart die lig gesien en is reeds beskikbaar op alle digitale platvorms vir aflaai sowel as YouTube vir luister.

Henri sluit af deur te noem: “Die liedjie is vir my, my beste werk tot dusver, en is vir almal om te verstaan dat daar altyd iemand is in jou lewe en jy nooit alleen staan nie, al voel dit soms so vir ons as mens.”

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram