fbpx
Herman Kleinhans se skrywe aan sy oom Melcus

Herman Kleinhans se skrywe aan sy oom Melcus

Die woordeboek beskryf ’n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel.

Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61, was g’n gewone mens nie. Met sy talente en ywer het hy ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reusehart gehad met kamers waarin talle mense ’n tuiste kon vind.  

Dit is juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot ’n suksesvolle besigheidsman – só kon hy meer as genoeg hê om te gee. “’n Hand wat toe is, kan nie ontvang nie,” en oom Melcus se hand was vir seker nie toe nie.

Deur sy steun aan minderbevoorregtes het hy talle lewens aangeraak. Hy het geleef om deur harde arbeid sy gemeenskap op te lig en het talle opleidingsentrums opgerig waar mense hulself kon verryk. Hy het sy naaste liewer gehad as homself.  

Die vrugte van sy arbeid was nooit sy eie nie, want dit is uitgedeel aan talle behoeftiges wat dit nodiger gehad het as hyself. Daarom is dit geen wonder dat Herman Kleinhans hom ’n goeie rus toewens in sy nuwe enkelsnit, GENIET DIE RUS nie.

Herman skryf:

Liewe oom Melcus

Oom se skielike dood vang my steeds onkant. Ek dink ek wou nog leer by Oom en in my kop sou ons nog ‘n lang pad stap. Tot dusver was ek net nog nie reg nie maar ek het geweet dat wanneer die dag aanbreek, Oom daar sou wees vir my met die beste moontlike raad en moeilikste moontlike vrae. Dis juis daai een keer se vrae (en insig) wat my laat besef het dat ek nog werk het om te doen maar selfs toe, het Oom die wyse waarop ek dink verander en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Nou praat ek nie van ons grootword jare in Port-Elizabeth of die jare toe ons by julle kom kuier het toe julle Wellington toe getrek het nie. Ek praat nie van Eersterivier se kuiers en elke keer wat ons julle by die KKNK gesien het nie… Elke onmoeting met julle was op een of ander manier net spesiaal en ek dink ek onthou letterlik almal van hulle… Dís die tipe indruk wat Oom by mense gelaat het.

Herman se nuwe lied GENIET DIE RUS is aan sy oom opgedra. Gaan uister gerus die lied nou beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram