Hugh Lynn – LEWE

Hugh Lynn – LEWE

In die voetspore van sy reeds bekende vrystellings, HAND OM DIE LYF, MY DROOMMEISIE, TIPSY VERBY, CRY TO ME, asook AS JY KAN BRAAI, het Hugh Lynn alreeds bewys dat hy die harte van Suid-Afrikaners verower het.

Nou is hy terug met ‘n nuwe lied, LEWE. Dié lied het sy oorsprong in sy persoonlike ervarings, ‘n ware huldeblyk aan die positiewe betekenis van die lewe wat gepaardgaan met al ons sintuie, naamlik sien, hoor, ruik, proe en voel.

Hierdie lied kom weer uit sy eie pen en die verwerking is behartig deur die immer gewilde en gesogte span van “Muse Studios” waarvan Hugo Ludik in beheer staan.

Die lied is ‘n ware inspirasie van Hugh Lynn se eie lewenservaringe en gevoelens, wat ‘n nuwe hoogtepunt uitbeeld van sy unieke skryfstyl wat vermeng word met ‘n ligte vastrapmelodie aanslag om nie die dansvloer uit te skakel nie.

Dit is ‘n liedjie wat die persoonlike ervarings van mense weergee, dit is hierdie uitkyk wat LEWE sy diepgaande en meesleurende emosie en impak gee.

“Trek aan jou skoene – klim tot anderkant daai kruin, Daar’s die res van jou lewe.”

Volgens Lynn sien baie mense die lewe as iets wat jou kan teneerdruk. Mens moet eerder na die lewe kyk as ‘n geleentheid met al sy uitdagings, want as die lewe self nie uitdagend is nie, sou dit baie vervelig wees.

Maak jou eerste en jou laaste ervaring van jou lewe rein.

Die doel van die liedjie is om mense te inspireer om anders na die lewe te kyk en eerder die positiewe raak te sien, waardeer elke situasie wat jy sien, hoor, ruik, proe en voel.

“Life is like a roller-coaster” is die beste metafoor om die lewe mee te vergelyk. As die tuimeltrein net in ‘n reguit lyn beweeg, sal dit baie vervelig wees.

Die feit dat mens soveel gereedskap (sintuie) het om die lewe mee te kan ervaar is ‘n wonderwerk.

Lynn is opgewonde om hierdie nuwe lied te deel en hoop dat dit ‘n positiewe impak sal hê op die mense wat daarna luister.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, TikTok