Jody Mayhew – ALTYD SOMER SAAM MET JOU

Jody Mayhew – ALTYD SOMER SAAM MET JOU

Jody Mayhew is ‘n musikant wat nie net geniet om te sing nie, maar ook geniet om woorde bymekaar te bring wat die luisteraars op ‘n uitstappie neem deur sy lewe, gedagtes en selfs sy emosies.

Jody is gebore op Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal en het heen en weer tussen Brits en Pietermaritzburg getrek. Op die ouderdom van 15 is hy alleen gelos deur sy ouers waar hy in verskillende huise en selfs ‘n paar parkies groot geword het. Hy’t homself geleer kitaar speel en liedjies skryf.

In die moeilike avontuur het hy nogsteeds skool gegaan en dit voltooi. Hy glo ‘n mens maak die beste van enige situasie.

Op die ouderdom van 24 het hy sy eerste optredes begin doen. Hy het elke van elke geleentheid gebruikgemaak.

Met tyd het hy vir ‘n paar engelse kunstenaars die verhoog ge-open wat insluit: Arno Carstens, Watershed, Ross (Prime Circle) en Roan Ash. Hy het sy eerste enkelsnit TRAVEL THE WORLD vrygestel in 2021 en op ‘n paar radio stasies se trefferparades beland. Die lied word so wyd as Australia gespeel.

Sy tweede enkelsnit SAY GOODBYE was meer hartroerend en het baie mense se harte geraak. Hierdie snit word vandag nog op om en by 20 radio stasies in Suid-Afrika gespeel.

Jody is altyd opsoek na iets meer uitdagend. So het Jody besluit om die Afrikaanse musiekmark te betree. Sy avontuur begin met sy heel eerste Afrikaanse enkelsnit ALTYD SOMER SAAM MET JOU, ‘n liedjie wat jou herinner dat niks so lekker is soos ‘n sonskyn dag gevul met liefde vir die een aan jou sy is nie – soms raak die dae koud, dan brand die liefde warm binne jou soos ‘n somersdag.

Jody verklap dat daar nog baie liedjies van hom op pad is en dat dit wat ons nou hoor slegs die begin is. Al Jody se musiek is tans beskikbaar op alle digitale musiekplatforms.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram