fbpx
John Wick: Chapter 4 Première

John Wick: Chapter 4 Première

Die première van die langverwagte vierde rolprent in die aksiebelaaide John Wick-franchise het op 20 Maart 2023, by Montecasino in Johannesburg plaasgevind.

Hierdie glansgeleentheid is nie net bygewoon deur bekendes soos Refiloe Maele Phoolo, Cassper Nyovest, Clint Brink, Gerald Steyn, Johnny Potsanyane, Liam Bosman, Reze-Tiana Wessels, Righard van Jaarsveld, Sandi Schultz, Deon Groot, Jaid River en Muller Brandt nie, maar ook deur media en ander spesiale gaste.

Gaste is met heerlike verversings en drinkgoed bederf voordat hulle hul sitplekke ingeneem het vir ’n eksklusiewe gevegskuns demonstrasie, gevolg deur die voorskou van JOHN WICK: CHAPTER 4, die nuutste aflewering in een van die gewildste aksiefliekreekse van die 21ste eeu.

Die rolprent volg op 2019 se John Wick: Chapter Three – Parabellum, waar die hoofkarakter, vertolk deur Keanu Reeves, kragte saamspan met Laurence Fishburne om ’n groep misdaadbase uit te oorlê wat bekend staan as die  High Table.

In die vierde aflewering van die film, is Reeves terug in sy rol as berugte huurmoordenaar wat ’n manier moet vind om die High Table te verslaan. Maar voordat Wick sy vryheid kan kry, moet hy eers ’n nuwe krimineel uitoorlê wat kragtige alliansies regoor die wêreld het, en van ou vriende vyande maak.

Fishburne is weer in die prent te sien, asook Donnie Yen in die rol van Caine, ’n voormalige slypmoordenaar en ’n vriend van Wick. Ian McShane is ook weer terug as Winston, eienaar van die Continental Hotel, en Lance Reddick as die portier, Charon. Bill Skarsgård sluit ook aan as een van die lede van die High Table.

Aksiefliekliefhebbers gaan beslis nie teleurgesteld wees nie en alhoewel dit onmoontlik klink, bied JOHN WICK: CHAPTER 4 nóg meer aksiebelaaide skiet- en vegtonele as tevore om kykers op die punte van hul stoele te hou.

Hierdie is ’n moet-sien-rolprent vir aanhangers van hierdie gewilde reeks, wat nie net ’n vars aanslag bied nie, maar oor die eerste drie flieks saamvat in ’n opwindende hoogtepunt.

JOHN WICK: CHAPTER 4 word plaaslik versprei deur Filmfinity Pty (Ltd.) en is vanaf 24 Maart 2023 in rolprentteaters te sien.

SOSIALE MEDIA

TEAMFINITY

Facebook, Twitter, Instagram