fbpx
Jopie Fees 2024

Jopie Fees 2024

Promosie Artikel

Jopie Fourie word gesien as een van die volkshelde in ons geskiedenis. Josef Johannes (Jopie) Fourie was op 27 Augustus 1879 op die plaas Wildebeesthoek, Pretoria gebore. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy op kommando gegaan.

Hy was net bokant die knieg gewond tydens die oorlog wat hom later mank laat loop het. Na die oorlog het hy as lid van die Unie-Verdegingsmagte aktief aan die Rebellie begin deelneem en is skuldig bevind aan verraad. Hy is gevang, verhoor, ter dood veroordeel en gefusileer op 20 Desember 1914 in die ouderdom van 36.

Jopie Fourie het in die ure voor sy dood briewe aan sy mense en familie geskryf waarin hy hulle aangemaan het om getrou te bly aan hulle geloof, volk en kultuur. Hy het geglo aan sy volk se vryheid en hy het gesterwe daarvoor en tot vandag is hy wyd bekend as ‘n man van eer.

Die Jopie Fees was begin om die held te vereer maar ook om alle mense van Suid-Afrika te nooi om deel te word van die fees om ons mooi land, taal en kultuur te vier. Jopie Fees 2024 sal die vierde Jopie Fees wees wat plaasvind en die groot datum is Saterdag 27 Julie 2024 by die Voortrekker Monument vanaf vroeg die oggend tot laat. 25 van ons land se top kunstenaars tree op soos Louifi, Early B, Dirk van der Westhuizen, Joe Black, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Biggy, Flooze, Gerhard Steyn, Lianie May, Eloff, Kurt Darren, Droomsindroom, Bernice West, Irene-Louise van Wyk, Adam, Liezel Pieters, Jennifer Zamudio, Fanus Pienaar, Deon Groot en nog vele meer.

“Early bird’ kaartjies is nou beskikbaar aanlyn vanaf Plankton Mobi teen R220 per persoon en R300 per persoon vir ‘Goue Sirkel’ kaartjies by:

https://plankton.mobi/Events/EventBooking/d2e57073-25c1-45b8-a331-
a90db58d5f93
Vele stalletjies is daar om feesgangers se dag verder in te kleur en kindervermaak gaan die kinders beslis vreugde bring. Word deel van Pretoria se grootste 1 dag fees nog.

SOSIALE MEDIA

Facebook