fbpx
Vier Jacques Brel saam met Jannie du Toit

Vier Jacques Brel saam met Jannie du Toit

Na vele suksesvolle dekades op pad met musiek, het die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, die kuns vervolmaak om gehore te betower met sy uitmuntende musiekproduksies.

Hierdie feestyd is geen uitsondering nie en bewonderaars kan oudergewoonte uitsien na ’n hele rits vertonings van 1 tot 21 Desember deur die Vrystaat, Noord-Kaap en al langs die Kaapse kus – om die jaar op ’n hoë noot af te sluit.

Op verskeie datums gedurende Desember, gee Jannie (stem en kitaar), Susan Mouton (tjello en klavier) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) lewe aan die pragtige musiek van een van sy helde, Jacques Brel.

In Bonjour Monsieur Brel word Jacques se beeldryke tekste in vier tale (Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands) gesing en begelei deur ’n skitterende ensemble. Du Toit sing al sedert 1988 Brel se liedjies wat deurentyd baie goed ontvang is deur konsertgangers en die media.

Paul Boekkooi van Beeld beskryf dit as een van die blinkste Brel-aanbiedinge wat tot nog toe op die plaaslike verhoog te sien was. “Jannie se voordrag en sang is presies wat dit moet wees: Idiomaties ryk en genuanseerd, met puik diksie en ’n stem wat emosioneel en dramaties baie kan waag. Ons het lank vir só ’n gehalte-aanbieding gewag.”  Lesley Stones skryf in Daily Maverick “Du Toit is superb, with the gravitas and vocal power to do the songs justice. The music is provided brilliantly by Susan Mouton … and Chanie Jonker…”.

Die Brel-vertonings word soos volg beplan:

1 Desember: Die Kraal, Richmond. Besprekings: 073 266 4030 (Hennie).

2 Desember: Jacobus Silwer se Karoohuis-teater, Fauresmith. Besprekings: 071 603 7258 (Lizzy op WhatsApp).

6 Desember: Bezalel Landgoed, Upington. Besprekings: 072 218 6554 (Térry).

8 Desember: At the Courtyard, McGregor. Besprekings: [email protected]

10 Desember: Fiore, Greyton. Besprekings: [email protected]

11 Desember: NG Kerk, Onrusrivier. Besprekings: 074 259 5017 (WhatsApp) of [email protected]

15 Desember: NG Kerk, Kleinmond. Besprekings: 083 456 5716 (Thinus).

17 Desember: Die Boer, Durbanville. Besprekings: 021 979 1911 of www.dieboer.com

18 Desember: Studio 42, Sedgefield. Besprekings: 083 302 1582 (Isobel) of [email protected]

19 Desember: Diasmuseum, Mosselbaai. Besprekings: Gaby Drews 084 251 0204

20 Desember: Gemeenskapsaal, Nature’s Valley. Besprekings: 044 531 6820

21 Desember: Slipperfields, Port Elizabeth/ Gqeberha. Besprekings: [email protected]

Hy vier die feestyd verder behoorlik  drie spesiale Kersaanbiedinge op 3, 5 en 10 Desember, waartydens hy sy bekende verwerking van Koos du Plessis se pragtige Somerkersfees en ander geestelike liedere soos Pie Jesu en Gee ons vrede sing.

Wees deel van die Kers-betowering by een van die volgende geleenthede:

3 Desember: Oppiedek, Vanderkloof. Besprekings: 083 601 4862 (Andries op WhatsApp).

5 Desember: NG Kerk, Kimberley. Besprekings: 082 926 5754 (WhatsApp).

10 Desember: United Church, Somerset-Wes. Besprekings: 021 852 3281.

Ander vertonings op sy jaareindtoer waarna jy kan uitsien:

4 Desember: Die eggo van jou oë, Coco, De Aar. Besprekings: 060-600-3992 (Marissa).

9 Desember: Those were the days, Beyerskloof Wynlandgoed in Stellenbosch. Besprekings: [email protected]

13 Desember: Those were the days, Die Koelkamers, Paternoster. Besprekings: www.diekoelkamers.com

14 Desember: Die eggo van jou oë, Lomond Wynlandgoed, Gansbaai. Besprekings: 082 921 5625 (Chris).

Na ’n bedrywige jaar, wat talle hoogtepunte ingesluit het, is dié geliefde musikant dankbaar vir ’n blaaskans, maar Jannie is ook reeds besig om sy dagboek vir 2024 te beplan – hy sien daarna uit om sy passie en talent nog lank met gehore te deel.

Die jaar skop op ‘n hoogtepunt af wanneer twee besondere uitvoerings van sy immer gewilde program Doep is nie dood nie met die musiek van Koos du Plessis  plaasvind. Die legende en onbetwiste meester van die Afrikaanse kleinkuns se sterfdatum op 15 Januarie 1984 word daardeur – veertig jaar later – in herinnering geroep. RSG saai die volledige produksie om 15h00 op Sondag 14 Januarie lewendig uit, terwyl dit op die gedenkdag van die 40 jaar,  Maandag 15 Januarie, op uitsonderlike wyse in die Atterburyteater in Pretoria aangebied word.

Besondere luister word aan dié aand verleen deurdat ‘n toevoeging tot die vertoning gemaak word: Karla du Plessis (Koos se dogter), Andries (Roof) Bezuidenhout wat Koos se ander dogter, Irma, se man is, Mathys Roets en ander kunstenaars wat op een of ander manier ‘n noue band met Koos Doep en sy musiek het, sal deelneem aan ‘n eenmalige huldiging as afsluiting van die aand se program – beslis iets wat nie misgeloop mag word nie! Meer hieroor vroeg in die nuwe jaar.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, YouTube