fbpx
Jou toertas vir Desember

Jou toertas vir Desember

Die feestyd is om die draai en talle van ons lesers en kunstenaars gaan hopelik vanjaar kanskry om weer vertonings regoor die land te geniet. Ons het vir Rianca de Wet gevra om vir ons ‘n paar wenke te gee oor hoe om jou bagasie te benader vir die feestyd.

Rianca is die mede-eienaar en besturende direkteur van die aanlyn winkel www.klerekas.com wat tans die grootste Afrikaanse aanlynklerewinkel in die land is.

Kunstenaars sowel as vakansiegangers sal baatvind by hierdie wenke. Rianca skryf…

Jy vertrek binnekort met toer en die pakwerk lê nog soos ‘n berg voor jou. Om in te pak vir enige wegbreek is gewoonlik maar ʼn groot kommer. Na elke reis maak jy beloftes om volgende keer beter te pak, net om volgende keer weer in dieselfde penarie te sit.

Ons het ‘n lys saamgestel van moet-hê items vir jou toer-tas om seker te maak dat jy die beste (en stylvolste!) toer ervaring geniet hierdie Desember. Die volgende items is noodsaaklik – pak dit heel eerste in jou tas pak voor jy na jou bestemming toe:

  • Jou beursie
  • Paspoorte (indien nodig)
  • Bestuurslisensie-kaart
  • Identifikase dokument

Moet nooit vergeet om jou medikasie in te pak nie! Pak die volgende in sodat as jy voorbeid kan wees indien jy dalk siek word sodat dit nie jou hele toer belemer nie:

  • Jou voorgeskrewe medikasie
  • Sonbrand-room
  • Noodhulp boksie
  • Ander basiese medikasie
  • Hande skoonmaak-middel
  • Brille en kontaklense

Ons kan nie in vandag se wêreld funksioneer sonder tegnologie nie. Onthou dus om die volgend in te pak:

  • Selfoon- laaier
  • Tablet of skootrekenaar
  • Oorfone
  • Genoeg elektriese proppe
  • Indien jy bekommerd is dat jou klere dalk gaan kreukel is ‘n stoomyster ‘n baie handige apparaat om ook in jou tas te pak. ‘n Stoom yster is baie geriefliker om in te pa ken makliker en vinniger om te gebruik as ‘n strykyster en strykplank.

Mens is geneig heeltemal te veel klere in te pak vir ‘n wegbreek (ek is self skuldig hieraan en is altyd spyt dat ek nie vooraf beter beplan het nie).

‘n Goeie wenk is om vooraf jou uitrustings te beplan en op jou bed uit te pak.

Neutrale kleure is altyd beter om in te pak. Só gaan jy ook minder skoene en bykomstighede hoef te pak, want al jou klere pas eenvoudig bymekaar. Indien jy uitrustings het wat veelsydig is en vir meer as een geleenthede geskik sal wees – pak dit in! ‘n Denim of ‘n swart broek kan baie maklik van ‘n dag na aand geleentheid verander word deur die regte bykomtighede en skoene daarby aan te trek.

Onthou ook:

  • Jou swemklere
  • Uitrustings vir dag en aand geleenthede
  • Aktiewe klere
  • Slaapklere
  • Onderklere
  • Plakkies en sandale
  • Tekkies
  • Strand hoed
  • Sonbrille

Om seker te maak dat jy dag en nag gereed is vir jou toer, moet jy seker maak jy pak die volgende basiese items is jou tas:

Mans:

  • Tandeborsel en tandepasta
  • Seep
  • Was sponsie
  • Sweetweerders
  • Sjampoe en ander haarprodukte
  • Borsel
  • Room
  • Handoeke en strand handoeke

Dames:

  • Tandeborsel en tandepasta
  • Seep
  • Was sponsie
  • Sjampoe en ander haarprodukte
  • Borsel
  • Room
  • Sweetweerders
  • Parfuum
  • Haardroeër
  • Rekkies en ander bykomstighede vir jou hare
  • Grimering-sakkie
  • Lip salf
  • Lappies om jou grimeering af te haal

Nou kan jy jou tas sommer vinnig-vinnig pak en jouself baie kommer en moeite spaar. 

SOSIALE MEDIA:

RIANCA DE WET
Facebook

KLEREKAS.COM
Facebook, Instagram
Webblad: https://klerekas.com