fbpx
Dias Festival 2021

Dias Festival 2021

Die Dias Summer Festival vier hierdie jaar nie net hul eerste fees van 17 Desember tot 2 Januarie in Mosselbaai nie, maar hulle maak seker om hulp te verleen aan die gemeenskap en eindig ook dié fees  met ‘n geloofwaardige boodskap van hoop (Jou Nuwe Begin)  deur die bekende pastoor Johandré Potgieter.

Johandré, saam met SA Concerts het ‘n wonderlike projek, Vir My Volk, wat  hulp sal bied aan die gemeenskap na die Covid-19 pandemie soveel mense van belangrike benodighede ontneem het. Daar gaan verskeie opsies beskikbaar gestel word rondom die feesterrein waar die publiek donasies kan gee vir hiérdie projek.

Dis nie al nie! Die publiek kan uitsien na ñ fees propvol vermaak deur kunstenaars soos Demi – Lee Moore, Riaan Benade, Elandre, Bernice West, Early B, Jack Parow, Sunset Sweatshop, Loufi, Biggy en vele ander.

Die hele feesterrein het see-uitsig en vind plaas in die parkeerterrein van die Dias Hotel in Mosselbaai. Hoe lekker gaan dit nie wees om vars seelug in te asem terwyl jy stalletjies en musiek kan geniet en terselfde tyd ‘n reuse verskil kan maak in die gemeenskap se lewens met ‘n bydrae van jou keuse en dan boonop nog die nuwe jaar met ‘n ‘Nuwe Begin’ preek in te gaan nie? Dit klink mos soos iets wat die hart gelukkig kan maak of hoe?

Datums: 17 Desember 2021 – 2 Januarie 2022
Kaartjies is tans beskikbaar op www.howler.co.za.

Hekke maak oop 10:00 in die oggend.

Vir meer inligting kontak [email protected]