fbpx
Janice Honeyman’s Cinderella

Janice Honeyman’s Cinderella

Na ‘n baie lang droogte op die front van musiekteater en veral Joburg Theatre se jaarlikse pantomime, is daar geen beter lafenis vir die teaterganger as vanjaar se pantomime: Janice Honeyman’s Cinderella nie. 

Die pantomime wat uitgestel was as gevolg van die voortdurende COVID-19 pandemie is presies die ysbreker wat Suid-Afrika nodig het om die gemoedere te lig vir die feesseisoen.

Die verhaal van Aspoestertjie (Cinderella) was nog nooit so kleurvol en vindingryk aangebied nie. Dit alles te danke aan die vervaardigers en die wêreldklas rolverdeling.

Die oorhoofse storielyn is eg aan die van Cinderella (Aspoestertjie), maar word aangebied met ‘n paar verdraaings, smaakvolle humor, opgewekte danse, sang en musiek.

Die rolverdeling sluit in:

Desmond Dube en Ben Voss as die stiefsusters (Flatulina en Flossie Flemerina),
Bongi Mthombeni as Buttons,
Kiruna-Lind Devar as Cinderella,
Kyle Grant as Prince Charming,
Dolly Louw as GogoMama the Merry-Fairy Godmother,
Graham Hopkins as Baron Horace Hard-Up en
Yamikani Mahaka-Phiri as die prins se vriend Dandini.

Die res van die geselskap word gevul deur ervare dansers en sangers wat gereeld op verhoë te sien is: Tarryn Heard, Venolia Manale, Arno Meyer, Kenneth Meyer, Noni Mkhonto, Brian Ngobese, Funeka Peppeta, Kaylan Sabbadin, Musanete Sakupwanya, Jonathan Blaine Shore, Justin Swartz, Dezlenne Ulster-Weale and Stephan Van Der Walt.

Fotos: enroCpics

Die choreografie is behartig deur Nicol Sheraton en die musiek is verwerk deur Dale-Ray Scheepers.  Bronwen Lovegrove is aan stuur van die kostumering terwyl Akhona Bozo die klankontwerp kafdraf.

Wat die vertoning in ‘n klas van sy eie plaas is die fantastiese gebruik van LED skerms en 3D projeksies om die dekor en verhoog lewe te gee.  Andrew Timm het verseker dat die “magic” van teater tot sy volle reg kom deur die verhoog te omskep in ‘n 21ste-eeu skouspelagtigheid.

Die 3D projeksies op 500 LED skerms, hologramme, vuurwerke en grootskaalse rekwisiete is maar ‘n paar van die verrassings waarna die gehoor kan uitsien.

Janice Honeyman’s Cinderella is geskik vir alle ouderdomme en vier Suid-Afrika se multi-kulturele landskap met gepaste humor en skertsende dialoog.

Kaartjies vir Cinderella kan aanlyn gekoop word by deur https://www.joburgtheatre.com/janice-honeymans-pantomime-cinderella-in-2021-fo/ te besoek. 

Die vertoning sal op die planke wees tot 24 Desember 2021.

Telefoniese besprekings kan ook gedoen word deur Joburg Theatre te skakel by 0861 670 670.

Kaartjies beloop R 240 per persoon.

Afslag is beskikbaar vir groepbesprekings, familie asook senior burgers.