fbpx
Kunstefees in die Kleine met Jannie du Toit

Kunstefees in die Kleine met Jannie du Toit

Op 14 Julie vanjaar is daar ‘n unieke hoogtepunt – Jannie se eie “Kunstefees in die Kleine” by die Atterbury-teater in Pretoria in samewerking met Mont du Toit wyne.

Video-opnames van drie volledige produksies wat nog nie vantevore op TV te sien was nie, word op daardie dag tydens die konserte voor gehore opgeneem.

Oesjaar om 12h00,
Bonjour Monsieur Brel om 15h00
Kiekies – Lucas se liedjies om 18h00.

In totaal kan nagenoeg sestig liedjies vanuit die boonste rakke op een dag gehoor word. 

Daarby is die heerlike eetplekke van Lynnwood Bridge-sentrum beskikbaar, met ‘n spesiale aanbod van die uiters gewilde Stephnie’s: elkeen wat twee of meer van die vertonings bywoon kwalifiseer vir een van 50 afslagbewyse vir daardie dag.

Dit behels 15% op hulle gewone spyskaart. Besprekings vir etes moet ook vooraf gedoen word by 012 348 8943 of [email protected]

Vir die produksies self bied Atterburyteater ook afslag aan: 10% vir twee optredes, 20% vir al drie. Bespreek by iTickets – skakel 012 942 5951 vir navrae en groepafslag (10 of meer)

Navrae by Jopie Koen: 072-460-5568 of [email protected] www.janniedutoit.com

One thought on “Kunstefees in die Kleine met Jannie du Toit

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui