fbpx
Leer ken vir Lezahn

Leer ken vir Lezahn

Toe die sangers Chris Coetzer en Leoni de Wet hulle sangskool by Laerskool Louis Leipoldt in Centurion kom bemark het was die woorde “R50 en oudisie” al wat in jong Lezahn se kop vasgesteek het.

Daardie middag het sy huistoe gegaan en die geld in haar spaarvarkie getel.  Sy het geweet dat sy nie haar ma vir geld kan vra nie, siende sente omgedraai word.  Tot haar verbasing het sy presies R 50 afgetel – silwer- en kopermunstukke.

“Ek het my spaarvarkie die volgende dag saam met my geneem skool toe”, vertel Lezahn.  Met haar aankoms by die oudisie het `n barmhartige Samaritaan reeds die skuld vereffen.

Dit is die dag toe haar musiekloopbaan begin het.

Na afloop van haar matriekjaar, het sy haar studies in musiek verder geneem.  Sy het by `n musiekskool in die Kaap ingeskryf.

Alhoewel sy eers `n paar jaar gelede amptelik begin sing het, het sy reeds `n hele string konserte, voorvertonings en toere deurgewerk.

“Om te sing is my droom en deur God se groot genade sal ek suksesvol wees.”, verduidelik sy.

Oor haar rolmodelle verduidelik sy dat Justin Bieber baie hoog op haar lys lê.  “Hy het net daardie ‘iets’ wat hom van die res onderskei.” Ander kunstenaars wat haar inspireer sluit in: Tina Turner, Lady Gaga en Pink.

Lezahn spog tans met haar debuutalbum, “Masker” waarin sy haar weerloosheid op `n musikale wyse aan die luisteraar ontbloot.

Die album neem jou op `n opwindende reis wat musiekliefhebbers se voete sal laat jeuk of dieper in hulle eie lewens gaan laat delf.

“Masker” is vervaardig deur Ettienne Lane.  Die produksie sluit 13 oorspronklike snitte in waarvan Lezahn mede-skrywer was op 4 van die snitte. 

Ander skrywers saam met wie sy gewerk het sluit in: Roux Cloete, Jolanda Becker, Miranda Oberholzer en Hester Roos.

Met haar veelsydige stem kan sy moeiteloos van enige lied `n kragvertoning maak.

As jy `n persoon is wat van rou en eerlike musiek hou, is dit die moeitewerd om na hierdie album te gaan luister.

Jou Foto – Lezahn

Volg vir Lezahn op sosialemedia:

Facebook & Instagram

Vir besprekings:

Hester Roos – 082 267 4702

[email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui