fbpx
Louis Geldenhuys – die pa met sy hart in die lug.

Louis Geldenhuys – die pa met sy hart in die lug.

Foto: Verskaf

As jy vir Louis Geldenhuys vra wat hom in die musiekbedryf laat opeindig het is sy antwoord dat sy vrou die grootste rede is.  Alhoewel hy van kleins af sing, het sy loopbaan afgeskop  in 2016, danksy die aanmoediging van sy vrou.

Louis is `n pa van drie en saam met sy vrou bestuur hulle `n gastehuis.  Vir hom is dit van die lekkerste dinge om te doen – om tyd saam met sy gesin deur te bring.

`n Normale dag vir hom begin by die huis.  Net voor hy en sy vrou hul kinders skool toe neem, moet hy eers stop en sy skoonma skrikmaak, “want”, sê hy, “sy skrik so lekker! Ek kan dit net nie help nie.”

Volgende op sy program is onderhoude – as die tyd dit toelaat sal hy en sy vrou ook soms dan wegglip vir `n koffie op Melkbosstrand en partymaal sal hy en sy vrou ry na Kreeftebaai waar hulle loop, staan, alles inneem en ook bid.

Een van Louis se groot drome is om eendag klavier te kan speel, maar sê tot op hede bly dit net `n droom.

Louis se musiek kan beskryf word as “Country/Pop” en bied `n ligte klank vir die oor.  Dis lekker luistermusiek met lirieke wat wysheid deel. Dit sal ook aanklank vind by diegene wat hou van `n ritmiese lied waarop gedans kan word.

Louis het op 5 April 2019 sy enkelsnit “Harte in die lug” vrygetstel.  Hy noem dat daar tans gewerk word aan `n storielyn en konsep vir die musiekvideo hiervan, maar dit is nog `n verrassing.  Aanhangers sal nog so bietjie moet vasbyt. 

https://open.spotify.com/track/3KdSRzQG3IZmwGume0CYM6?si=pL3expYNTkCMc5UtUi6YBA

Die lied is geskryf deur Dennis East en vertel die storie oor twee verliefdes wat enige tyd en plek hul drome met mekaar kan deel.  Hulle word soos ballonne wat in die lug deur die wind gestuur word tot by `n liefdesparadys.

Hy spog ook met `n vollengte album. Hy verduidelik dat hy dankbaar is vir geduld om deur elke stap te kon gaan om die projek suksesvol te kon afhandel.

Van sy rolmodelle en invloede sluit in: Jim Reeves, Bles Bridges, BZN, Joe Dolan en Chris Norman. 

Indien jy lus voel vir lekker ligte musiek, kan jy verseker `n Louis Geldenhuys nommer by jou speellys voeg.

Deesdae woon hulle in Blouberg en tree hy voltyds op.  Hy toer ook saam met Manie Jackson en die lieflinge deur die Karoo.  Hy het ook reeds optredes gedoen by die KKNK en saam met bekende name soos: Nadine, Rudi Claase, Manique Stene n Pieter Koen opgetree.

Louis se raad aan jonger kunstenaars is: “Werk baie hard, glo in jouself, wees altyd nederig – bid sonder ophou!”

Indien jy met Louis in kontak wil kom:

Facebook, Twitter, Instagram
Epos: [email protected]
Tel: 083 253 8118

Vir besprekings:

Lindi Geldenhuys
083 253 8118

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

One thought on “Louis Geldenhuys – die pa met sy hart in die lug.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui