Luna Paige Se Nuwe Musiek-Avontuur: Twee Albums en ‘n Epiese Reis

Luna Paige Se Nuwe Musiek-Avontuur: Twee Albums en ‘n Epiese Reis

Die gewilde liedjieskrywer en sangeres, Luna Paige, het vroeër vanjaar ‘n groot uitdaging aangepak. In ‘n tyd waar enkelsnitte die norm is, het Luna besluit om nie net een nie, maar twee vollengte albums op dieselfde dag uit te reik. Haar Afrikaanse album DIS DIE DORS en Engelse album HARMONY is op Vrydag, 12 April, uitgereik. Dit is die eerste keer in 10 jaar dat Luna nuwe solo-werk bekendstel.

Na die suksesvolle promosieveldtog vir haar twee nuwe albums, berei Luna nou voor vir ‘n opwindende avontuur wat op 5 Junie 2024 begin. Sy sal na verskeie lande reis wat haar geïnspireer het of haar nuuskierigheid geprikkel het. Haar reis begin in Madrid, vanwaar sy ‘n gedeelte van die Camino del Norte na Santiago de Compostela sal stap, ‘n afstand van 278.50 km.

Daarna sal sy Barcelona, Portugal, Italië, Griekeland, Nederland, België en Duitsland besoek. Tydens hierdie reise sal sy kulturele ervarings opdoen en deurlopend skryf soos inspirasie haar tref. Sy beplan om kunstenaars en organisasies te ontmoet wat kuns gebruik om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Met haar agtergrond in welsynsprogrambestuur, maatskaplike werk, die kunste, fondsinsameling en borgskappe, stel sy belang in die sosiale impak-sfeer in Europa en hoe hierdie tendense in Suid-Afrika toegepas kan word.

Volg Luna se avontuur op:

Wanneer Luna terugkeer na Suid-Afrika, sal sy grootskaals toer om haar twee jongste albums, “Dis die Dors” en “Harmony”, te vier. Sy sal ook nuwe liedjies, geïnspireer deur haar reise, bekendstel.

Die musiek op hierdie albums is ‘n eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

Webtuiste en sosiale media:

Sluit aan by Luna Paige op hierdie ongelooflike reis en ontdek die inspirasie agter haar nuwe musiek!