fbpx
NoaVR hou kampvuur konserte in jou huis

NoaVR hou kampvuur konserte in jou huis

NoaVR Theatre stel met trots Campfire Sessions bekend. 

NoaVR Theatre het op 6 April 2020 hul aanlynplatform Campfire Sessions bekendgestel, ’n innoverende manier om op ’n digitale wyse saam met jou gunsteling kunstenaar om die kampvuur te sit.

Met Campfire Sessions kan jy die kunstenaars in jou huis innooi vir ’n intieme vertoning, en so jou gunsteling kunstenaar finansieel ondersteun tydens tydens die staat van inperking (lockdown).

Hoe werk dit?

Vir elke vertoning word daar ’n maksimum van 15 kaartjies verkoop, wat die vertonings eksklusief maak – first come, first serve.

“In plaas van regstreekse stroming op sosiale media, volg NoaVR ’n effense ander roete. Alles met die doel om die kunstenaar en die aanhanger by mekaar uit te bring,” sê NoaVR Theatre CEO, Pelser Uys.

Wat is die voordele vir die kunstenaars?

Elke Camfire Session sal die volgende inhou vir die kunstenaar:

  • 95% van kaartjieverkope gaan aan die kunstenaar
  • Geen duur toerusting word benodig nie
  • Verpersoonliking van uitsending aan super fans

Campfire Sessions sal vanaf 7 April 2020 beskikbaar wees.

Besoek gerus hul webblad vir verdere inligting: https://www.noavrtheatre.co.za

NoaVR Theatre is ’n vermaaklikheidgesentreede tech startup van Kaapstad.

NoaVR Theatre streef daarna om ’n markplein te wees wat inhoudskeppers met verbruikers verbind. Alle inhoud is ekslusief op NoaVR beskikbaar, wat kunstenaars in staat stel om geld te kan genereer deur die platform.