fbpx
TALK ABOUT IT sing Rubber Duc

TALK ABOUT IT sing Rubber Duc

“ALL WE HAVE WORKED FOR AND ACHIEVED, HAS GOT US CRASHING TO OUR KNEES,” – TALK ABOUT IT

Na ’n week in afsondering kry klein besighede swaar en baklei musikante teen die aanlyn-algoritmes op sosiale media wat ’n demper plaas op hulle organiese groei. Maar Rubber Duc staan sterk en het besluit om iets uniek te probeer: Die vrystelling van hulle nuwe enkelsnit, TALK ABOUT IT, wat in afsondering vervaardig is, met ’n musiekvideo wat tussen die vier mure van hulle huis opgeneem is.

Die vermaakbedryf en baie musikante se lewens het ingrypend verander op die dag wat die President aangekondig het dat daar nie samekomste van meer as ’n honderd mense mag plaasvind nie.

Kyk die video hier

’n Week het verbygegaan en die ekonomie is opsy geskuif. Nog meer lewens is geraak. COVID-19 het kom maak dat ons letterlik Bon Jovi se liedjie, Living On A Prayer, leef.

Die groep het ’n ander benadering geneem tot hierdie pandemie en besluit om musiek en inhoud te vervaardig wat daarop gefokus is om te help om die coronavirus te beveg. 

“Ons was van die begin af bewus wat die impak van die afsonderingstydperk op ons bedryf en sak sou wees. COVID-19 is hier, so ons kon kla of iets daaromtrent doen. Ons stem gebruik om ’n positiewe invloed op ons gemeenskap te hê. Nou het ons besluit dat dit tyd is om daaroor te praat,” sê Rubber Duc se hoofsanger, Nick Jordaan. Dit is dan ook hoe hulle nuutste enkelsnit ontstaan het. 

Die liedjie se nostalgiese verse gee vir jou ’n kykie in die lewens van die kunstenaars wat tans deur die, wat heel moontlik bekend gaan staan as, “Groot Vermaakbedryfdepressie”. Basies is hulle boodskap dat mense hulle manier van dink moet verander en hulle tyd moet gebruik om met mekaar te praat en mekaar te ondersteun.

“Toe die afsonderingstydperk aangekondig is, het ons geweet dat daar drie weke gaan wees waarin ons ons merk kon maak en iets goed kon doen,” verduidelik baskitaarspeler, Amiel Gopal. 

“Ons het nog nooit voorheen so iets probeer nie en dink ook nie dat baie ander mense al het nie. COVID-19 het ons almal uit ons gemaksone gedruk en dit kan ook ’n goeie ding wees. Nick het sy heel eerste musiekvideo geredigeer en Brendan het die liedjie met net sy oorfone gemeng en vervaardig, sonder monitors. Dit was choas! Maar nou het ons ’n nuwe enkelsnit om met julle te deel.”

Rubber Duc het TALK ABOUT IT in afsondering verfilm en vervaardig. Beslis ‘n eerste vir die hele groep! TALK ABOUT IT is vanaf 3 April 2020 beskikbaar op alle digitale platforms en is die week uitgereik na radiostasies landswyd.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, YouTube