fbpx
Dr. Pierre Nel pleit om verantwoordelike optrede met nuwe enkelsnit

Dr. Pierre Nel pleit om verantwoordelike optrede met nuwe enkelsnit

Pierre Nel se nuwe enkelsnit, IF YOU GET CORONA, is in lyn met die pandemie waarin Suid-Afrika – en die res van die wêreld – hulself tans bevind en met dié country-pop oorwurm pleit hy dat almal verantwoordelik sal optree. Hy beklemtoon ook die feit dat die toekoms en voortbestaan van die mensdom nou op elkeen se skouers rus.

“ IF YOU GET CORONA is geskryf om mense se oë oop te maak vir die erns van die situasie en ek hoop dat dié liedjie ook sal bydra om ons as ’n nasie te verenig in hierdie tyd van isolasie,” het dié dokter en sanger verduidelik.

“Nadat ek self ook die erns van die COVID-19-situasie besef het, het ek ook besef dat daar nou ’n dringende behoefte bestaan vir mense om saam te werk,” het hy gesê.

In die liedjie word die Corona-virus verduidelik en die luisteraar word die vraag gevra of hy of sy met die onus op hul skouers wil loop dat hulle dalk – deur onverantwoordelike optrede – iemand anders kan aansteek en moontlik vir hul dood verantwoordelik wees.

Met “If You Get Corona” wil Pierre mense se harte aanraak en hy hoop dat dit ’n impak op mense se gedrag tot gevolg sal hê.

“As mediese dokter is ek self ook bekommerd oor die mediese sisteem se vermoë om massas pasiënte te versorg,” het Pierre gesê.

Die musiekvideo is reeds vrygestel deur JacarandaFM en vertel die storie van twee persone wat mekaar motiveer om hande te was en self te isoleer. As hulle hulself in die buitewêreld bevind tree hulle dan op as Infeksiebeheer Polisie.

“Ek hoop dat die twee karakters in die musiekvideo se entoesiasme mense sal motiveer om self entoesiasties te wees oor die hele pandemiese situasie en saam te werk,” het hy vertel.

Die liedjie kan landswyd op radiogolwe geniet word en is op digitale musiekplatforms beskikbaar.

Pierre Nel – IF YOU GET CORONA

Pierre, wat as dokter ook nog planne het om te spesialiseer in narkose of oogheelkunde, se enkelsnit MIS JOU is ook onlangs vrygestel en handel oor die verlange na ’n geliefde en roer luisteraars se harte met die wete dat storieboekliefde wel bestaan.

In die musiekvideo kry sy woorde lewe as die hoofkarakter ’n eksperimentele prosedure ondergaan om die herinneringe, verlange en pyn te verwyder. Kyk die video hier:

Pierre Nel – MIS JOU

Wat dink ons?

3.5 out of 5 stars

Alhoewel die lied `n kort leeftyd mag hê is dit sonder twyfel aktueel en relevant. Pierre kry dit reg om die kern van `n onsekere onderwerp op `n eenvoudige en “catchy” wyse oor te dra aan die luisteraar. Dankie Dr. Nel dat jy as dokter en musikant die publiek van SA gerusstel met die enkelsnit.

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Twitter en Instagram