fbpx
Jako Meyer stel debuutalbum Vry MIDDERNAG KANTOOR

Jako Meyer stel debuutalbum Vry MIDDERNAG KANTOOR

Jako Meyer se langverwagte debuut solo album, MIDDERNAG KANTOOR is vandag vrygestel. Jako het beroemdheid verwerf as kunstenaar vir sy rolle in Flip A Coin en Die Wyndigters, asook voorsanger van Die Rottweilers en Moses Metro Man.

As akteur is hy bekend vir sy rolle in Bloed Broers, Generations en vandeesmaand, 7de LaanJAKO het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, naamlik ‘Dinge Wat Ons Al Vergeet Het’, en sy nuutste offer, ’Lugballon’.

MIDDERNAG KANTOOR is deur Johan Viljoen vervaardig, en vanjaar in Potchefstroom opgeneem. Vandat Moses Metro Man ’n breek geneem het, het Jako meer tyd op sy hande gehad vir sy solo projek en wou oor meer persoonlike dinge skryf.

Van die liedjies stap al twee jaar saam met  Jako, met die meerderheid wat in die laaste twaalf maande geskryf is. Vir sy solo projek, het  Jako saam met verskeie musikante geskryf om sodoende van die geleentheid gebruik te maak om as liedjieskrywer te groei.

“Wanneer dit stil is, die dag op sy rug lê, en my glas vol wyn is, is wanneer die inspirasie by my kom kuier. Hierdie album is geskryf in my ‘Middernag Kantoor’, waar ek oop en eerlik kan ontdek en droom met die nag geluide wat my geselskap hou.”

MIDDERNAG KANTOOR is ‘n liriekgedrewe, sielvolle album met groot kore en melodieë vol betekenis.  Jako beskryf die album as veel rustiger as sy vorige werk.

Alhoewel aanhangers drie rock liedjies kan verwag, bevat dit ’n groter verskeidenheid rou en eerlike liedjies wat meer gefokus is op die tentoonstelling van sy stem saam met klavier- of kitaarklanke.

Die album bevat ook ’n paar samewerkings met onder andere Deon Meiring (Die Wyndigters), Roux Cloete en Marno van der Merwe.

https://open.spotify.com/album/6UKWpRUN9ocZDzh2TsIHlc

“Ek het met hierdie album meer geskryf oor dit wat ons voel wanneer ons liefhet. Hoe ouer ek word, hoe meer introspeksie doen ek. Om regtig dieper te delf en daaroor te skryf is nie net medisyne nie, maar verskaf ook nuwe wysheid om die lewe beter te maak.”

Die album is tans aanlyn beskikbaar en kan gekoop en afgelaai word hier:

https://bit.ly/MiddernagKantoor

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter