fbpx
Plectrum gesels met Jaid River oor debuut-album

Plectrum gesels met Jaid River oor debuut-album

Nadat sy dit reggekry het om plaaslike musiekliefhebbers te bekoor met haar eerste enkelsnit in 2022, is die sanger en liedjieskrywer, Jaid River, terug in die kollig met die uitreiking van haar langverwagte tweede enkelsnit (STAD VAN VERLANGE) en debuut-album (VERLANGER).

STAD VAN VERLANGE is ’n kragtige ballade oor die ervaring om agter te laat wat jy ken en die onsekerheid en twyfel wat daarmee gepaard gaan wanneer jy vir die eerste keer alleen in ’n nuwe stad of plek is.

“Elke lied wat ek skryf en vrystel dra ’n stukkie van my storie en wie ek is. Om dit te kan deel met mense is vir my verskriklik spesiaal,” verduidelik sy. “Ek dink die tema van die liedjie is iets waardeur ons almal op ’n stadium in ons ons lewe gaan, die eensame deel van groot word, en ek dink ook ons almal wil eintlik net weet dat ons nie alleen is in wat ons voel nie.”

VERLANGER kombineer ’n diverse reeks genres, insluitend pop en volwasse kontemporêre musiek. Die tema van die album is verlange, met elke liedjie wat ’n ander tipe verlange ondersoek, of dit nou na mense, plekke, duidelikheid of ’n droom is.

Ons almal verlang na iets en die album herinner jou om in die oomblik te leef en die mense en plekke rondom jou raak te sien en te koester, deel sy.

Jaid het al die liedjies op die album geskryf behalwe Gee Nie Om Nie, wat sy saam met Jaco Smit geskep het. As jy haar uitvra oor haar gunstelingsnitte sonder sy Verlanger uit vir sy kragtige lirieke en persoonlike betekenis en Stilte, wat sy geskryf het oor die vrede wat sy by die Karoo Stilfees in 2016 ervaar het.

Die album is oor ’n tydperk van ’n (2 jaar) jaar opgeneem en vervaardig deur Jaco Smit en Gideon Botes. Om hierdie album te maak was een van die lekkerste dinge wat ek nog in my lewe gedoen het en om dit saam met vriende te kon doen, het dit nog beter gemaak.

VERLANGER word op 3 Maart 2023 by die AfriForum-teater in Pretoria vrygestel. Joshua na die Reën sal as gaskunstenaar optree tydens die geleentheid, terwyl Jaid vergesel sal word deur ’n orkes, wat bestaan uit Jason Moser op dromme, Manalisi Mdaka op baskitaar, Jaco Smit op elektriese en akoestiese kitaar, klavier en agtergrondstem, Andreas Van Tonder op akoestiese en elektriese kitaar, en Alzanley Lizemore as agtergrondsanger.

Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies is beskikbaar by https://afriforumteater.co.za/product/jaid-river-se-albumvrystelling-verlanger/

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram