fbpx
Plectrum Top 40 – Week 1

Plectrum Top 40 – Week 1

Daar is hy nou – Die Plectrum Top 40 Week 1.

Johan Anker se SOLDAAT is die heel eerste liedjie wat no. 1 tref op die Top 40, dit word gevolg deur DIS OKAY van Bloumoord op no. 2 en HARTKLOP van Len Muller op no. 3.

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 127 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 127 liedjies het ‘n totaal van 857 458 gekombineerde kyke gehad.
  • Die totale nuwe kyke van die 127 liedjies hierdie week was 15 572 waarvan 13 637 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 word saamgestel deur Reputasie.

Lees onderaan vir meer inligting oor hoe jy jou musiek aan ons kan stuur en ook die kriteria waaraan jou musiek moet voldoen.

Waaraan word liedjies gemeet?

Die Plectrum Top 40 werk op ‘n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube-kyke meet wat ‘n liedjie kry tydens die observasie periode. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydae tot Donderdae elke week. Om te kwalifiseer vir die Top 40 moet ‘n kunstenaar onafhanklik wees, daar is geen onderskeid tussen opkomende en gevestigde kunstenaars nie. Musiek moet ook beskikbaar wees op YouTube – hetsy musiekvideo of YouTube Music.

Wat beteken onafhanklik?

‘n Kunstenaar moet self vir sy of haar musiek en produk betaal en die eienaar wees van die werk. (Hoef nie noodwendig self die lied te skryf en te verwerk nie.)

‘n Kunstenaar mag binne ‘n verspreidingsooreenkoms staan met ‘n derde party om sy/haar musiek te help bemark.

Kunstenaars wat intussen ‘n kontrak onderteken met ‘n platemaatskappy sal voortaan gediskwalifiseer word van die Plectrum Top 40. Enige musiek wat op die ranglys is sal sy tyd uitdien.

Hoe kan ek my liedjie by julle uitkry?

Jy kan gerus jou musiek aan ons stuur by [email protected]. Ons vennoot, Reputasie, sal dan die liedjie deel maak van die volgende observasieperiode. Die redaksie behou die reg om liedere wat aanstoot mag gee aan die publiek te diskwalifiseer. Dit sluit in – musiek wat haatspraak of enige vorm van geweld aanhits.