fbpx
Charné Kemp, wenner van die VIA TV-program, Ster-Status.

Charné Kemp, wenner van die VIA TV-program, Ster-Status.

Charné Kemp is as die wenner van VIA (kanaal 147) en Apprentesses SA se realiteitsprogram, Ster-Status, aangekondig op 5 Desember 2020.

Die sangeres Sharoney Viljoen het tweede (Silwer-toekenning) geëindig en sal vir die wenner instaan waar nodig, terwyl Chrizelle Joubert as Brons-prinses uit die stryd getree het.

Ster-Status word elke Dinsdag om 18:00 op VIA, kanaal 147, uitgesaai. Moenie elkeen van die twaalf finaliste se ongelooflike kolligreis mis nie.

Die wenner van VIA (kanaal 147) en Apprentesses SA se realiteitsprogram, Ster-Status, is op 5 Desember 2020 aangekondig tydens ’n goue glansryke rooitapyt-geleentheid by die Colosseum Reale in Pretoria.

Bianca Rautenbach, Chrizelle Joubert, Christina Pretorius, Charné Kemp, Danelle Dreyer,

Evelyn Maruping, Jaylene Guest, Jeannemy Peacock, Karin da Silva, Palesa Masuku, Phia-ri Olivier en Sharoney Viljoen is as die twaalf finaliste gekies by Monte de Dios in Pretoria op die 8ste Augustus en saam het hierdie dames ’n ware beeld van vrouebemagtinging uitgebeeld. 

Charné Kemp, ’n gekwalifiseerde onderwyseres en Entrepreneur van Krugersdorp, is nie net amptelik gekroon as die wenner van hierdie dinamiese vrouebemagtigingsprojek nie, maar tree nou in die plek van Jaenette Jacobs in, wat ook die aanbieder van die program was.

Buiten die geleentheid om haar kolligdrome te verwesenlik, het hierdie sprakelende rooikop ook weggestap met ’n klomp ongelooflike pryse van onder andere Biomedical Emporium, Eye Catchers Kuruman, Frissk Beauty, Wilna Duvenage Jewellery, Hair and Beauty Warehouse, Moroccontan en nog vele meer.

“Sodra jy vreesloos begin lewe dan word die lewe onbeperk. Jy gaan foute maak, want niemand is volmaak nie, maar staan net op en probeer weer. Dinge werk nie altyd uit soos wat jy dit wil hê nie, maar dit werk beslis uit soos wat dit moet. Jou uniekheid is jou sterkste ammunisie, gaan maak ’n impak,” sê die Goue-wenner oor wat sy uit hierdie wonderlike ervaring geleer het hierdie jaar.

Die sangeres Sharoney Viljoen het tweede (Silwer-toekenning) geëindig en sal vir die wenner instaan waar nodig, terwyl Chrizelle Joubert as Brons-prinses uit die stryd getree het.

Sterstatus 2019 se liefdadigheidswenner, Alicia du Preez, het op haar beurt, ook die leisels aan die veelsydige blonde kop van Meyerton, Danelle Dreyer, oorhandig. “Moenie leef om te oorleef nie, leef om te floreer,” sê Danelle.

Jaylene Guest en Evelyn Maruping is onderskeidelik gekroon as 1ste en 2de prinsesse in die liefdadigheidskategorie.

Ander titels wat gedurende die aand toegeken is, sluit in:

  • Phia-ri Olivier as Sterpersoonlikheid.
  • Charné Kemp as die Kykers Keuse (Public Choice)
  • Christina Pretorius as die Direkteurs Keuse (Directors choice) en ook die wenner van “SL academy” opleiding.
  • Chante Cranswick wenner van die geakkrediteerde skoonheidssalon kursesse deur “Beauty

Emporium Training Academy.”

STER-STATUS is die eerste van sy soort op die Suid-Afrikaanse bodem en fokus daarop om jong vroue, tussen die ouderdom van 20 – 35, aan die vermaaklikheidsbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingssessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei op ’n sukesvolle lewe in die kollig.

“Dit was vir my ’n groot voorreg om deel te wees van hierdie reis. Iets wat vir my uitgestaan het is dat almal ’n storie het en om almal se storie te hoor en hulle beter te leer ken en te ontdek wat hulle motiveer, dit het ons dikwels in trane gehad. Hierdie groep dames het ook beslis ware vrouebemagtiging uitgebeeld en mekaar altyd ondersteun. Dit is mooi om te sien hoe vrouens saam staan,” deel Tarien Cronjé, stigterslid en uitvoerende direkteur van Apprentesses SA wat elke fase van hierdie kompetisie saam met die dames meegemaak het.

Verskeie bekendes, waaronder, Eloise Cupido, Elsubie Verlinden, David Konrad, Francois van Rensburg, Amorie Pearson, Natasha Menino-Costa, Deon Groot en Pamela Niemand, en uitgesoekte besighede was deel van die program en talle organisasies, soos “Fabulous Girl Charity Foundation”, ‘The Chidrens Flight”, ensovoorts, het gebaat by die liefdadigheidsaspek daarvan.

Die gala-aand was ’n reuse sukses te danke aan borge soos Wildebees, Biomedical Emporium, SL Lasers, Shene Vyver Couture, OBD&CO, JAPS vir die printing, EHP vir klank en beligting en al die ander borge. Ster-Status is dankbaar vir elkeen se bydrae.

Ster-Status word elke Dinsdag om 18:00 op VIA, kanaal 147, uitgesaai. Moenie elkeen van die twaalf finaliste se ongelooflike kolligreis mis nie.

SOSIALEMEDIA

Facebook, Instagram

Webblad

LEES MEER

STER-STATUS SEISOEN 2 OP VIA!

Jaenette Jacobs is die eerste wenner van VIA en Apprentesses SA se Ster-Status!

Via se splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status, nou op die kassie!