fbpx
STER-STATUS SEISOEN 2 OP VIA!

STER-STATUS SEISOEN 2 OP VIA!

LIGTE, KAMERA, AKSIE! Indien hierdie woorde dadelik jou aandag getrek het kan jy met sekerheid weet dat Ster-Status die realiteitsprogram is vir jou. Ster-Status sal vanjaar op 27 Oktober begin en sal dan elke Dinsdag aand om 18:00 op VIA, kanaal 147 uitgesaai word.

Daar is talle jong meisies wat droom daarvan om ’n plekkie in die kollig te hê, hetsy as aktrise, aanbieder, model, sangeres, sosialemedia-ster, joernalis, besigheidsvrou of selfs ’n glanspersoonlikheid. Hierdie titels verg baie harde werk en natuurlik om die regte kontakte te hê is ’n groot bonus. Ster-Status help dames om daai voet in die deur te kry.

Die vrouebemagtingsprojek, Apprentesses SA help al sedert 2014 om vroue – tussen die ouderdom van 20 en 35 – om hulle drome na te jaag en hulle plek in die vermaaklikheidsbedryf te vind. SterStatus sal vanjaar op 27 Oktober begin en sal dan elke Dinsdag aand om 18:00 op VIA, kanaal 147 uitgesaai word. Daar sal ‘n totaal van 13 episodes wees, maar moenie bekommerd wees indien jy ’n episode gemis het nie, want Ster-Status sal ook op “Catch-Up” wees.

Hierdie jaar sal Jaenette Jacobs die aanbieder wees van die program. Jaenette en die dinamiese groep dames wat laasjaar saam met haar ’n pad gestap het gaan die voortou neem en ’n voorbeeld wees van vrouebemagtiging. Jaenette is die nuwe Ster-Status titelhouer en het dus die voorreg om die aanbieder te wees van die tweede seisoen van Ster-Status.

Verskeie bekendes (Eloise Cupido, David Konrad, Deon Groot, Pamela Niemand, Amorie Pearson,

John Owens) en besighede (Biomedical Emporium, Wildebees, SL Lasers, Birchwood Hotel, Mabalingwe Game Reserve) gaan almal deel wees van die program waar die dames bekendgestel gaan word aan die vermaaklikheidsbedryf deur middel van verskeie werkswinkels, opleidingsessies en uitdagings. Na elke fase van die kompetisie sal van die deelnemers, wat nie die mas opgekom het nie, uitgeskakel word. Alhoewel daar net een wenner kan wees, sal elke deelnemer voordeel trek uit hierdie finominale ervaring, juis omdat hulle op verskeie sosiale platforms blootstellings kry, leer hoe om hulself te stileer, verhoudings te bou met kenners in die bedryf, ’n verskil maak met liefdadigheidswerk en ook die geleentheid sal hê om as handelsmerkverteenwoordigers op te tree. 

Ster-status is ook lief daarvoor om terug te gee aan die gemeenskap en daarom is die “Fabulous Girl

Charity Foundation” ook hierdie jaar deel van die reeks en dit is waar talle organisasies soos Wollies, Winterveld, Villa Gloria, “The Children’s Flight, ensovoorts baat vind by die liefdadigheidsaspek van Ster-Status. 

Ster-Status fokus hoofsaaklik daarop om vrouens te bemagtig, maar ook om hulle te bemoedig om terug te gee aan die gemeenskap. Volgens Tarien Cronjé, stigter van Apprentesses SA, is die doel van Ster-Status om vroue ‘n geleentheid in die vermaaklikheidsbedryf te gee deur hulle toe te rus met die nodige gereedskap, kontakte, geleenthede en raad sodat hulle genoeg selfvertroue kan opbou om hulle drome na te jaag. Tarien is ook die eienaar van Kyna Consili, ’n ontwerpersbesigheid en ook ’n borg vir Ster-Status, hier het sy al talle keer gesien hoe dames uitbars in trane wanneer hulle die perfekte rok aanpas en besef hoe mooi hulle is. 

“Op daardie oomblik straal hulle, omdat hulle oor die algemeen nie glo dat hulle waardig genoeg is om hulle drome na te jaag of waar te maak nie. Hulle is dikwels so desperaat dat wanneer hulle die kans kry, dat hulle soms in slegte situasies beland. Apprentesses SA is dus gebore uit vroue soos daai se behoefte om aan mentorskap en leiding te voldoen om hulle drome na te jaag en struikelblokke te oorkom,” vertel Tarien.

Ster-Status se premiere was die 21ste Oktober by Bosheuvel Country Estate, Muldersdrift. Hierdie glans-aand met die tema – “A night at the Movies”, was ‘n reuse sukses. Hier het talle dames die geleentheid gehad om vir die eerste keer op die rooi tapyt te te loop, saam met bekende gesigte soos Zander Steyn van 90.6 FM, Eloise Cupido, Armand Joubert, Abel Knobel, Amorie Pearson, Deon Groot en nog vele meer. Die aand was beslis ‘n spog aand wat altyd onthou sal word.

Die Ster-Status finaal sal vanjaar die 5de Desember wees waar familie en vriende ook deel kan wees van hierdie opwindende aand. Kaartjies sal begin vanaf R150 tot by VIP kaartjies wat R500 is. Die aand se verrigtinge sal begin op ’n rooi tapyt waarna gaste dan vermaak sal word met videos van die deelnemers se reis deur die loop van die program, optredes deur bekende kunstenaars en dan die aankondiging van die wenner.

Comozzi Gin sal ook daar wees om te sorg vir ‘n goeie tyd, dis 2020, gin is mos in – of hoe? Hierdie Ster-Status finaal beloof om een vir die boeke te wees en ’n aand te wees wat jy beslis nie wil misloop nie. So hou sosiale media dop vir meer inligting oor dié groot finaal.

Ster-Status is ’n definitiewe bewys dat jy enige iets kan bereik as jy in jouself en in jou droom belê. So indien jy baie van realiteitsprogramme, liefdadigheid en vrouebemagtiging hou dan is Ster-Status beslis die program wat jou vasgenael voor die TV gaan hou. 

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Webblad: www.apprentesses.co.za

Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa #mydroommysterstatus 

LEES MEER:

Jaenette Jacobs is die eerste wenner van VIA en Apprentesses SA se Ster-Status!

Via se splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status, nou op die kassie!