Melanie verras met haar tweede enkelsnit

Melanie verras met haar tweede enkelsnit

Melanie is terug met haar tweede enkelsnit en die keer wil jy vir seker nader skuif en luister.  Na die sukses van haar eerste enkelsnit VERDWAAL bring sy vir haar aanhangers iets vars en boonop in Engels. 

Anders as haar debuut enkelsnit, VERDWAAL, verskuif sy haar stylgrense met YOUR LOVE DON’T BOTHER ME wat ʼn pop-styl aanneem.

Melanie Your Love Don't Bother Me

Melanie verduidelik dat die lirieke van YOUR LOVE DON’T BOTHER ME haar pad na genesing uitbeeld.  Na ʼn onsmaaklike liefdesverhouding is sy nou gereed om haar hart weer ʼn kans op liefde te gee.

Die lied is deur Melanie self geskryf en vervaardiging is behartig deur InTune Productions.

Om Melanie se eie woorde te gebruik om YOUR LOVE DON’T BOTHER ME te beskryf, sal dit deurgaan as ʼn “catchy tune”.

Nadat sy as die wenner van PACISA aangewys is in 2019 het Melanie met mening die musiek-industrie betree.  Haar eerste enkelsnit is geskryf deur Rudi Claase en is vroeër vanjaar bekendgestel.

“PACISA het soveel deure vir my oopgemaak”, vertel die sangeres van Pretoria.

Sy trek groot inspirasie van haar rolmodelle wat Taylor Swift en Lady Gaga insluit en sy sonder veral hul eerlikheid in musiek as kern eienskap uit.

Was dit nie vir ʼn loopbaan in musiek nie, sou Melanie ʼn loopbaan in die sport-industrie nagejaag het.

Melanie wat reeds op die vroeë ouderdom van 8 haar liefde vir musiek begin uitleef het, skaaf vandag nog verder aan haar talente.  Sy het in 2020 haarself as professionele sangereres bekendgestel en is ook tans besig met haar studies in musiek.

Al wat ons kan sê is dat ons hierdie jong dame se loopbaan met groot belangstelling dophou.

Die lied is tans beskikbaar op alle digitale platforms en jy kan ook die video hier kyk

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Melanie maak haar debuut met VERDWAAL