fbpx
Pieter Marcato se enkelsnit EK ONTHOU JOU.

Pieter Marcato se enkelsnit EK ONTHOU JOU.

Uit die pen van die talentvolle musikant, Pieter Marcato, kom sy vierde enkelsnit, EK ONTHOU JOU. Die liedjie volg kort op die hakke van sy vorige enkelsnitte, Swipe Regs, en Lekker Tye, wat vroeër in 2020 uitgereik is.

“Die liedjie vertel die storie van wanneer ‘n paartjie opbreek en probeer om aan te beweeg. Dis nie maklik nie, omdat hulle mekaar steeds sien by plekke in die dorpie waar hulle woon en boonop het hulle gemeenskaplike vriende,” vertel Pieter.

Josh Oosthuizen het die solo gespeel in die liedjie. “Ek voel dit is een van die mooiste liedjies wat ek al geskryf het en ek is gek oor Josh se solo. Die inspirasie vir die lied kom van twee van my baie goeie vriende wat opgebreek het, nadat hulle baie jare saam was,” voeg hy by.

Pieter het in Pretoria grootgeword, waar hy steeds vandag nog woon. Na skool het hy deur Damelin klankingenieurswese studeer en in hierdie tyd het sy pad met Ben van Zyl gekruis. Kort daarna het hulle besluit om saam die groep, Marcato, te begin wat vandag nog bestaan. Ten spyte van sy besige skedule, het dié veelsydige ster in 2017 saam met Altus Theart (Getroud Met Rugby) en Jerry Spangenberg die alternatiewe popgroep, EON, ook begin.

“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ookal mag wees. Dit is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ’n eer om deel te wees daarvan,” vertel hy oor sy loopbaan sover.

EK ONTHOU JOU is op alle digitale platforms hier beskikbaar: https://distrokid.com/hyperfollow/pietermarcato/ek-onthou-jou

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook, Instagram, Twitter

LEES MEER

Pieter Marcato stel langverwagte eerste enkelsnit vry

V & A met Pieter Marcato

Swipe Regs vir Pieter Marcato se nuwe musiekvideo!