fbpx
Pieter Marcato stel langverwagte eerste enkelsnit vry

Pieter Marcato stel langverwagte eerste enkelsnit vry

Pieter Marcato, wat naam gemaak het as lid van die Afrikaanse popgroep EON en die musiekgroep Marcato, het sy eerste enkelsnit as solokunstenaar vrygestel.

Sy eerste solo-enkelsnit, As jy vra, gaan oor verhoudings.

Dit gaan daaroor dat mens na mekaar moet luister en mekaar ʼn kans moet gee.”

Pieter Marcato het aan die begin van die jaar met sy sololoopbaan begin nadat hy deur die jare sy merk in die musiekbedryf gemaak het deur harde werk, sy passie vir musiek en deursettingsvermoë.

Musiek het nog altyd ʼn groot rol in Pieter Marcato se lewe gespeel en hy bekwaam homself nou ook as liedjieskrywer. Pieter Marcato is verder die stigter van LEGATO RECORDS en het klankingenieurswese studeer.

Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ook al mag wees. Musiek is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ʼn eer om deel te wees daarvan.

Marcato het diep in gehore se harte gekruip met hulle interessante vermenging van musiekstyle soos folk, country, bluegrass en akoestiese rock. Marcato is in 2008 gestig deur ʼn hegte groep vriende.

In 2017 stig Pieter Marcato, die sanger en akteur Altus Theart en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON.

Die groep het reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet van hul eerste album, LIGJARE, behaal.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui