Shenay O’Brien – AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ

Shenay O’Brien – AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ

Shenay O’Brien is een van Suid-Afrika se mees veelsydigste Fopdossers en haar nuutste Kers-Gees parodie, AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ is onlangs vrygestel.

Gebasseer op die 1994 Mariah Carey Kers-treffer, All I want for Christmas is you, bring O’Brien unieke Suid-Afrikaanse gebeure en bekendes saam in die trots Afrikaanse parodie.

“Ek wil hê mense moet vir 4 minute vergeet van wat daar buite aangaan en net lag en laf wees saam met my en weer n glimlag op hulle gesigte sit.”, sê O’Brien.

Shenay O’Brien is een van Suid-Afrika se mees veelsydigste Fopdossers en haar nuutste Kers-Gees parodie, AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ is onlangs vrygestel.

Dis geen nuus dat 2020 `n rowwe jaar was nie. Dit was onnodig moeilike en absurd vir alle Suid-Afrikaners as gevolg van COVID-19, en die lig aan die
einde van die donker tonnel lyk maar skraal, maar hy is tog daar.

O’Brien wat bekendheid verwerf het in 2015 se Idols South Africa en geskiedenis gemaak het as die realiteits program se eerste fopdosser deelnemer deur die top 16 te behaal, bring nou: AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ.

Gebasseer op die 1994 Mariah Carey Kers-treffer, All I want for Christmas is you, bring O’Brien unieke Suid-Afrikaanse gebeure en bekendes saam in die trots Afrikaanse parodie, van Brendan Peyper tot Jo Black, van Boer soek ‘n Vrou tot Eskom en SAA. Springbokke tot Nskonsana Dlamani-Zuma en natuurlik die pandemie COVID-19.

Shenay O’Brien – AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ

“Die jaar was moeilik, onvoorspelbaar en ‘life changing’ vir soveel Suid-Afrikaners” en waar om te begin om die stukke weer op te tel is oorweldigend. Egter bly die hoop dat daar wel ‘n einde is genoeg om aan te moedig om te volhard.

Een ding is vir seker, Suid-Afrikaners vind altyd `n wyse om situasies soos 2020 met humor en skertsery te verwerk. AL WAT EK VIR KERSFEES WIL HÊ is geensins anders nie.

Shenay deel die video met twee goeie vriende, Louw Breytenbach (Drama Mamma’s –VIA) en Zoricke Snyman (Binnelanders) wat sorg vir hope vermaak.

“Ek wil hê mense moet vir 4 minute vergeet van wat daar buite aangaan en net lag en laf wees saam met my en weer n glimlag op hulle gesigte sit.”, sê O’Brien.

SOSIALEMEDIA

Facebook, Instagram

BESPREKINGS

Shenay O’Brien

E-pos: [email protected]