fbpx
Pierre Nel handhaaf ’n goeie balans as dokter en sanger in 2020.

Pierre Nel handhaaf ’n goeie balans as dokter en sanger in 2020.

Pierre Nel handhaaf ’n goeie balans as dokter en sanger in 2020.

Pierre (28) leef altwee sy passies voluit en het vroeër vanjaar, kort voor nasionale inperking, sy nuutste Afrikaanse enkelsnit, MIS JOU, vrygestel waarin hy met heimwee dink aan ’n geliefde.

 “As dokter het ek die impak van Covid-19 eerstehands ervaar en as sanger – wel, ek kon nie regtig in kontak met my ondersteuners kom en my musiek na hulle neem nie,” het hy vertel.

As sanger én mediese dokter was 2020 vir Pierre Nel ’n uitdagende jaar wat meer as een struikelblok ingehou het.

“Ek dink nie toe Covid-19 die land tref, het ons nie regtig besef wat voorlê nie. Dis ’n jaar terug wat dié pandemie in die Oosterse lande kop uitgesteek het, en ons dra nogsteeds swaar daaraan – veral met die opwaartse kurwe wat Suid-Afrika nou weer net voor Kersfees ervaar,” het hy vertel.

 “As dokter het ek die impak van Covid-19 eerstehands ervaar en as sanger – wel, ek kon nie regtig in kontak met my ondersteuners kom en my musiek na hulle neem nie,” het hy vertel.

“Ons is almal eindelik ’n jaar agter, maar daar was ook voordele soos om meer tyd saam met die familie deur te bring, kuier en net alleen te wees vir ’n bietjie introspeksie,” het hy bygevoeg.

Pierre (28) leef altwee sy passies voluit en het vroeër vanjaar, kort voor nasionale inperking, sy nuutste Afrikaanse enkelsnit, MIS JOU, vrygestel waarin hy met heimwee dink aan ’n geliefde.

Juis as gevolg van die impak wat die koronavirus het, het sy tweede enkelsnit, IF YOU GET CORONA, kort na inperking die lig gesien.

“Ek wou met dié liedjie mense herinner dat die toekoms en voortbestaan ​​van die mensdom op almal se skouers rus,” het Pierre oor dié liedjie verduidelik.

“Daar was – en is nogsteeds – mense wat dié pandemie te ligtelik opneem,” het hy verduidelik.

Sy nuutste enkelsnit, COLLIDE het ook groot opslae gemaak en verskeie treffer parades bereik

As jy Pierre vra oor sy drome vir die toekoms, sien hy homself oor twintig jaar as ’n suksesvolle Ophthalmoloog (oogarts) én ’n sanger met ’n musiekloopbaan vol sukses en kreatiwiteit.

“Voeg ook ’n pragtige familie daarby,” het hy bygevoeg. Volgens hom is ’n wonderlike familie juis wat sý steunpilaar is.

“Ek is geseën met wonderlike ouers wat vir my, en my twee broers, op die hande dra,” het Pierre vertel.

Pierre maak geen geheim van sy liefde vir die Skepper nie en het vertel dat hy die Here op die ouderdom van sewentien persoonlik ontdek het.

“Ek deel elke prestasie, opwinding en storm met die Here,” het hy gesê.

Sy eerste enkelsnit, Al Waarvoor Ek Leef, is in 2017 vrygestel waarna, Besluiteloos, geskryf deur die bekroonde sangeres Riana Nel, in 2018 saam met ’n musiekvideo vrygestel is.

“Ek het in 2016 gekwalifiseer as dokter en in 2019 my huisdoktersjare voltooi, so dit was ’n baie besige tydjie,” het hy gesê.

Pierre is tussen alles deur ook besig om te werk aan ’n album wat vroeg in 2021 vrygestel sal word.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Dr. Pierre Nel pleit om verantwoordelike optrede met nuwe enkelsnit

MIS JOU vertel van verlange – Pierre Nel se nuutste enkelsnit

Pierre Nel hou sy kop bo die water